Is daar iets wat Beyoncé nié kan doen nie? Sy kan vir ure op hoë hakke dans, ’n noot gooi al lê sy plat op die grond, en nou sing sy selfs met ’n oorlob wat bloei!
Queen Bey het die afgelope naweek in New York by die Tidal X-liefdadigheidskonsert opgetree. Tydens haar optrede het haar oorbel gehaak en in die proses is haar oorlob geskeur. Maar sonder om te huil of selfs ’n verkeerde noot te sing het Beyoncé net met haar optrede aangehou.
Kyk net hoe professioneel is Beyoncé:
Beyoncé touched her ear, and didn’t miss a note. A PERFORMER. pic.twitter.com/sjC6ltro3h — ️ (@weloveknowles) October 16, 2016
Dit was nie die eerste keer sy letterlik Queen se lirieke van “The Show Must Go On” geleef het nie.
In 2013, tydens haar optrede in Montreal, Kanada, het haar hare in ’n waaier gekoek geraak. Sy het bly sing terwyl haar span die hare probeer loskry het.
Kyk die video hier:
Het ons iets anders van Beyoncé verwag?
via GIPHY
Lees nou
Gratis 1ste episode! Sarah Jessica Parker in Divorce
The post Níks keer Beyoncé nie appeared first on SARIE.