Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dié kruis-nageregte neem die wêreld oor

$
0
0

Die koswêreld is gedurig aan die verander – nes mode! Loer jy op sosiale media soos Instagram en Facebook, sien jy gereeld een of ander nuwe nagereg wat uitgedink word.

Hier is 3 wat ons reken nou ’n ereplek in die koswêreld verdien.

1. Die cronut

Die cronut is ’n croissant-doughnut wat ontwerp is deur die New Yorkse fyngebak-sjef Dominique Ansel by haar gelyknamige bakkery in Lower Manhattan.

Die lekkerte word gemaak deur croissant-deeg te diepvetbraai, soos doughnuts, en dit dan te vul met vanielje-vla of ander soet vulsels. Dié nuwe fyngebak het die wêreld in 2014 oorrompel en is deesdae selfs plaaslik by supermarkte soos Woolworths te sien.

 

2. Die cruffin

Hierdie gewilde happie is ’n mengsel van Franse croissant-deeg en muffin-beslag. Die nuwe tipe muffin is reeds in 1993 in Kanada geregistreer as ’n handelsmerk by die Wholesome Bakery, maar hulle het dit nooit gemaak en verkoop nie.

In 2013 het Kate Reid van Lune Croissanterie in Melbourne, Australië, die resep opgespoor en dit vir die eerste keer kommersieel gemaak. Hier in SA het ek dit nog nie gesien nie. Laat weet hieronder in die kommentaarveld as jy al het!

Cruffins_at_Mr._Holmes_Bakehouse_(TK6)

 

3. Croissannoli

Die nuutste kruisgebak waaroor dit op sosiale netwerke gons: ’n kruising tussen die Italiaanse cannoli en croissant-deeg. Die brosgebraaide deeg word gevul met romerige, geurige vulsels.

Die Australiese MasterChef-beoordeelaar Matt Preston het gister ’n foto gedeel van dié nuutskepping. Dit kom ook uit die kombuis van Kate Reid van Lune Croissanterie in Melbourne, wat verantwoordelik was vir die cruffin.

Lees nou

5 slim planne met bokskoek

Brownie met net 4 bestanddele

Rooi-fluweel-kaaskoek-brownies

The post Dié kruis-nageregte neem die wêreld oor appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Die beste tyd van my lewe


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur