Daar is beslis iets in Kraaifontein se water. Hoekom? Want dié plek lewer talentvolle mense op soos ’n Olimpiese kampioen in die 400 m, ’n Blitsbok, ’n SARIE Voorbladgesigwenner en nou ’n model wat deur Kylie Jenner raakgesien is!
Die beeldskone Carmen-Lee Solomons (25) is deur Kylie Jenner persoonlik gekies as een van die gesigte vir haar nuwe lipstiffie-reeks.
Carmen-Lee is oorspronklik van Kraaifontein, maar woon en werk nou in Los Angeles, Amerika.
T R I C K @kyliecosmetics A photo posted by Carmen Lee Solomons (@carmen.solomons) on
Een van Kraaifontein se bekendste boorlinge is ons atletiekster Wayde van Niekerk. Hy het vanjaar by die Olimpiese Spele in Rio goud vir die 400 meter gewen. Selfs die blitsvinnig Usain Bolt was in ekstase oor Wayde se prestasie.
Maandag het die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, gesê dat die Groenpunt-atletiekstadion herdoop gaan word tot die Wayde van Niekerk-stadion. Lees die volledige berig op Netwerk24.
Wayde se nefie, die Blitsbok Cheslin Kolbe, kom ook van Kraaifontein. Vanjaar om die Kersfees-tafel kan albei nefies spog met hul Rio-medaljes, want Cheslin en sy mede-Blitsbokke het brons verwerf. Cheslin het onlangs sy meisie, Layla Cupido, ná ’n Stormers-wedstryd gevra om te trou. Sommer so op die veld!
Een van ons SARIE Voorbladgesig-wenners, Nicola Smit (22), is ook ’n Kraaifonteiner!
Nicola, wat erken sy is eintlik ’n introvert, sê hierdie ervaring het haar lewe verander. Vir jare het sy nie die mooi binne en buite raakgesien nie. En sy het ’n stryd met min selfvertroue.
Dié ervaring het my geheel en al uit my gemaksone geneem. Ek móés sosialiseer, uit my dop uit kruip.
- Nicola Smit
Ons weet nie wat dit is nie, maar daar is beslis iets in die water!
via GIPHY
Lees nou
Dié kruis-nageregte neem die wêreld oor
The post Wat is in Kraaifontein se water? appeared first on SARIE.