Môre is Internasionale Sjampanje-dag en dís een wat ons beslis gaan saamvier. As jy lus is vir vonkelwyn met ’n vrugtesmaak, probeer gerus dié perske-bellini wat een van Audrey Hepburn se gunstelinge was.
Dié bekende Italiaanse drankie is niks meer as vonkelwyn en perskes nie. Dis heerlik vars en verfrissend.
genoeg vir 10
• 10 geelperskes, gehalveer en ontpit
• 200 g (250 ml) suiker
• 250 ml water
• 1 x 750 ml yskoue droë vonkelwyn
Plaas perskes, suiker en water in middelslagpot, bring tot kookpunt en roer tot suiker opgelos is. Verlaag die hitte en kook vir sowat 10 – 15 minute of tot perskes sag en pap is. Verwyder van hitte, meng met staafmenger tot gladde puree en druk deur ’n sif. Hou eenkant tot koud. Skep puree in groot ponsbak en gooi vonkelwyn by. Roer deur en sit voor.
Audrey se raad vir dié resep was: Bly weg van Franse sjampanje, dit sal die geur van die perskes oorweldig. Ek stel gewone vonkelwyn voor – kies droog.

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Walter Carone
Verwerk uit Audrey at Home deur Luca Dotti (Harper-Collins, R580)
The post Audrey Hepburn se perske-bellini appeared first on SARIE.