Vanaand begin 10 boere oor die hele Suid-Afrika heen na liefde soek. Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou is terug vir ’n 9de seisoen. En dié keer gaan niemand anderste nie as Minki van der Westhuizen die boere met hartsake help!
Vanaf Robertson, Wes-Kaap, tot Nigel, Gauteng, was Minki vir weke op die pad van plaas tot plaas. En soos sy oor die land gery het, het sy net weer besef daar’s één boerdery waarvoor sy nie kans sien nie.
“Melkboerdery – jy moet vroeg opstaan, sesuur, want die koeie kan nie wag nie. Hulle wil gemelk word. Maar ek is lief vir die platteland en vir boerdery. Ons het ook vriende wat boer, so ek ken die plaaslewe,” het Minki aan Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, vertel.
Só lyk die boere
En saam met haar in die bakkie was Marí Conradie, ’n grimeerkunstenaar en stileerder, wat seker gemaak het Minki lyk eksieperfeksie, soos ’n plaasmeisie – natuurlik!
Agter die skerms foto van ons dream team. Ek en @mariz_ word deur die mooie Elise vermaak. #shoot #beauty #comingsoon A photo posted by Marí (@mariconradie89) on
Marí het op groot films soos Johnny is nie dood nie en Dis koue kos, skat gewerk. En het selfs die lieflike Rolanda Marais se grimering op haar troudag gedoen! Kyk die troufoto’s hier.
“Dit was so maklik om met Minki te werk en ons het werklik vriendinne geword. Wat gelukkig is, want om vir weke met iemand ’n bakkie te deel kan uitdagend wees as julle nie oor die weg kom nie. Maar Minki is plat op die aarde en gemaklik,” vertel Marí aan SARIE.com.
En vir Minki was dit net so lekker.
“Ek en Marí het gelukkig dieselfde styl. Ons het saam aan my look gewerk,” beaam Minki.
Dis ’n seisoen vol nuwe dinge. Nuwe boere, nuwe aanbieder, nuwe regisseur en nuwe stileerder en grimeerkunstenaar.
“Maar sekere dinge word anders gedoen. My styl is byvoorbeeld baie gemaklik. Ek gesels net soos wat ek met enigiemand sal praat. Dit het hulle op hul gemak gesit,” verduidelik Minki.
Minki se look
Marí wou seker maak dat Minki toeganklik is en sê: “Ek wou hê mense moet met haar kan relate en dink dat hulle ook so kan aantrek.”
Klere van Mr. Price, Pick n Pay Clothing en Old Khaki is gebruik om Minki se uitrustings op te tower. “Items word reg deur die reeks herhaal. Sy sal weer iets aantrek, maar dan is dit net anderste gestileer. Dís die geheim.”
Volgens Marí lyk Minki baie goed in groen, kakie, pastelle en roeskleure.
Boerbokkie #bsv9 #boersoekñvrou #roadtrip #farmlife @kyknettv @faano1 @oldkhaki scarf&parka A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on
Minki se grimering
Marí het baie op kontoere (contouring) en verbronsing (bronzing) gefokus.
“En op haar oë het ek natuurlike kleure gebruik, soos bruine. En op haar lippe het ons met die nude kleure gespeel.”
Maar wanneer daar ’n deftige geleentheid op Boer soek ’n vrou was, het Marí meer kleur aan Minki se lippe gegee. “’n Bold look soos plum.”
My favourite in action. Verlang na jou! @mariconradie89 Just love having a personal make up artist, hair stylist and stylist!! Perks of the job #bsv9 #boersoeknvrou #kyknet A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on
En hare?
“Ek het soms Minki se hare effens gekrul. Maar ons wou dit nie laat lyk of sy ure voor die speel gestaan het nie. Dit moes natuurlik, plat op die aarde wees.”
En watter deel van die land is vir Minki die spesiaalste?
“Die Karoo is ongelooflik spesiaal, dit het met my hart gepraat. My pa en ma was saam met ons op daai deel van die produksie, om te help met die kinders. Die kinders was saam waar dit moontlik was. Maar o hel, dit kan ʼn uitdaging wees. Hulle wil eintlik net by die huis by hul speelgoed wees,” onthou Minki.
Dink jy van die boere het ingeskryf want hulle hoop om eintlik vir jou te kry?
“Ek hoop nie so nie, want dan gaan hulle baie teleurgesteld wees. Ek dink hulle was daar om regtig liefde te vind. Of hulle dit wel gekry het, moet julle maar wag en kyk.”
– Boer soek ’n vrou begin vanaand om 20:00 op kykNET (kanaal 144).
Lees nou
Audrey Hepburn se perske-bellini
Trots SA: Wayde en Caster skitter
The post Minki se look vir ‘Boer soek ’n vrou’ appeared first on SARIE.