Ons kan binnekort na nóg ’n celeb-baba uitsien! Die Doctor Strange-akteur Benedict Cumberbatch en sy vrou, Sophie Hunter, verwag hul tweede kind, berig E News.
Die paartjie het verlede jaar op Valentynsdag getrou en het reeds ’n seuntjie, Christopher Carlton Cumberbatch.
Ons kan nie wag vir nog ’n Cumberbatch nie, maar hy/sy gaan baie bekende maatjies hê. Hollywood wemel van babas wat onlangs gebore is. Kyk die foto’s van die kleintjies hier:
Olivia Wilde se Daisy
Die Her-aktrise het onlangs die lewe geskenk aan klein Daisy Josephine Sudeikis. Olivia en haar verloofde, Jason Sudeikis, was opgetoë met die gelukkige nuus. Die akteurspaar het in 2013 verloof geraak en het reeds ’n tweejarige seuntjie, Otis.
Candice Swanepoel se Anacã
Die Suid-Afrikaanse skoonheid en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel (27) het op 5 Oktober haar seuntjie, Anacã, verwelkom.
Behati Prinsloo se Dusty Rose
Die Namibiese model Behati Prinsloo (27) en haar sanger-man, Adam Levine (37), se eersteling is onlangs gebore. Ons wonder of Dusty Rose en Anacã net sulke goeie vriende soos hul ma’s gaan wees?
Lees nou:
Glee-ster trou met haar rocker
Dié bekendes is net so starstruck soos ons!
The post Nóg ’n bekende word pa! appeared first on SARIE.