Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Adam se skaap-stertjies

$
0
0

Op sy nuutste album, Patatas en Pyptabak, sing die Afrikaanse sanger Adam Tas met sy diep stem die harte weer goed warm. 

Maar die man kan ook kook! En vleis is sy ding – skaap-stertjies, om presies te wees. En nou deel hy sy resep spesiaal met ons.

Adam se skaap-stertjies

Adam sê die hoeveelheid stertjies hang af van die aantal gaste, en of jy dit as voorgereg of hoofgereg wil voorsit.

SOUS (genoeg vir so 8 stertjies)

– 1 koppie Knorr Spare Rib-sous

– 2 eetlepels stroop

– 2 eetlepels bruinsuiker

– 2 eetlepels balsemasyn

Meng al die sousbestanddele en kook die mengsel.

SKAAP-STERTJIES

Kook die stertjies in ’n drukkoker tot net voor dit van die been afval. Indien die vleis baie vet het, sny die ergste vet af ná dit gekook is. (As jy baie lief is vir vet, kan jy dit aanlos.)

Braai die stertjies oor die kole terwyl jy met ’n kwassie die sous aansmeer tot dit lekker taai is. Onthou dat die vleis reeds gaar is, moet dit nie te lank braai nie.

Maar Adam braai nie net nie, hy werk nou aan sy nuwe album se musiekvideo wat deur sy eie filmmaatskappy, Loopgraaf Films, opgeneem is. Loopgraaf Films is bekend vir hul skreeusnaakse Buffelsfonteinbaardolie-advertensies.

Luister Adam se nuutste treffer hier

Lees nou

Nóg ’n bekende word pa!

EKSKLUSIEF: Aktrise Christel van den Bergh se troue

The post Adam se skaap-stertjies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!