Goeie nuus! Die Smithsonian-instituut in Washington kan nou die ikoniese paar rooi skoene regmaak wat Judy Garland 77 jaar gelede as Dorothy gedra het in die 1939-rolprent The Wizard of Oz. Hulle het pas genoeg geld ingesamel vir die projek.
Why we’re clicking our heels three times over Dorothy’s ruby-red slippers. https://t.co/2goVLreuq7
— Smithsonian Magazine (@SmithsonianMag) October 20, 2016
Dit gaan sowat $300 000 (R42 miljoen) kos om die bekende rooi skoene te restoureer. Die Smithsonian, wat die skoene al vir 40 jaar huisves, het ’n Kickstarter-veldtog aanlyn begin om die geld in te samel en die doelwit is gister bereik.
Smithsonian officials are “over the rainbow” after reaching $300,000 goal to preserve ‘Wizard of Oz’ ruby slippers. https://t.co/MyqwLoyrYg pic.twitter.com/dOm9V5eazS — NBC Nightly News (@NBCNightlyNews) October 24, 2016
Die eens blink skoene se verf is afgeskilfer en dit lyk reeds baie verweer. Die geld is ingesamel om die skoene te bestudeer en die materiaal te herstel. ’n Spesiale uitstalkas waarin die temperatuur beheer word, word ook vir die skoene beplan, berig The New York Times.
Smithsonian Needs $300,000 To Save Dorothy’s Ruby Red Slippers From ‘Wizard Of Oz’ https://t.co/fZkYRD3P7n pic.twitter.com/9qgU18yUsw — TheGailyGrind (@thegailygrind) October 19, 2016
Die skoene is in 1979 aan die Smithsonian geskenk en is tot vandag een van die items waaroor mense die meeste vra. Volgens The New York Times is dit al selfs in die Victoria and Albert Museum in Londen uitgestal! Die veldtog het op 17 Oktober begin en het gister reeds die $300 000-merk behaal. Meer as 5 300 mense uit 41 lande het die veldtog ondersteun. Een donateur het selfs $10 000 gegee, berig FOX News.
The @smithsonian needs $300,000 to save Dorothy’s red slippers. https://t.co/vQ9kDEeHQi via @CNNent pic.twitter.com/4nA1OIcnTF
— CNNMoney (@CNNMoney) October 23, 2016
Lees nou:
#9tot5: Leer op LinkedIn – dié week gratis!
Natuurfilms deur Leonardo DiCaprio en ander op pad!
The post Dorothy se rooi skoene is gered! appeared first on SARIE.