Dis nie Justin Bieber se jaar nie, nog minder dié van sy aanhangers, oftewel die Beliebers. Eers het hy besluit om nie meer foto’s saam met hulle te neem nie, toe het hy sy Instagram verwyder en nóú het hy van die verhoog af gestorm. Nie dat ons hom kwalik neem nie, want om voor skreeuende Beliebers te sing kan veeleisend wees.
Justin het gister by ’n optrede in Manchester, Engeland, versoek dat sy Beliebers ophou skree tussen sy liedjies. Terwyl hy dit vir hulle gevra het, het die skare hom uitgejou. Die sanger het toe ophou praat, sy mikrofoon neergegooi en van die verhoog gestap, berig US Weekly.
“Manchester weet nie hoe om my te hanteer nie, so ek gaan nie meer praat nie,” het hy gesê toe hy ’n paar minute later weer die verhoog betree.
Kyk die video van die voorval hier:
Volgens ET Online het die Beliebers reeds vroeër die week vir Justin frustreer. By ’n optrede in Birmingham, Engeland, het hy vir die gehoor gesê: “Kalmeer en luister na wat ek sê. Dit voel soms of ek nie gehoor word nie en dit is frustrerend.”
Maar dit is nie die eerste keer dat Justin van die verhoog af storm nie! Hy het in 2015 in Oslo, Noorweë, van die verhoog gestap, berig Huffington Post.
Dit was slegs een dag nadat hy tydens ’n onderhoud met ’n Spaanse radiostasie uitgestap het.
Lees nou
Dorothy se rooi skoene is gered!
Freakshakes: ja, dis ’n regte woord!
The post Justin Bieber storm van verhoog af! appeared first on SARIE.