Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Mariah Carey se verlowing verbreek

$
0
0

Nóg ’n Hollywood-verhouding is tot niet. En dié keer is dit die diva en Grammy-wenner Mariah Carey, oftewel Mimi. Haar verloofde, die Australiese biljoenêr-sakeman James Packer, het die verlowing verbreek.

Die rede? Ou Mimi het te veel geld uitgegee en James het keelvol geraak, berig Daily Mail.

Hy het haar destyds met ’n 35-karaat-diamantring bederf, berig E! News.

#antibes

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

#moments

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Die paartjie het in 2014 ontmoet en hul romanse het verlede jaar begin. James het Mariah glo op sy hande gedra en haar gereeld op romantiese afsprake na plekke soos Italië, Australië en selfs Israel geneem.

Maar Mimi gaan glo nie haar verloofring van $10 miljoen (sowat R138 miljoen) teruggee nie.

Dit sou haar derde huwelik gewees het. Mariah was voorheen getroud met Tommy Mottola, ’n bestuurder van ’n platemaatskappy, en Nick Cannon, ’n akteur. Sy en Nick het ’n tweeling, Monroe en Moroccan.

Lees nou

Twilight-nuus: dalk nog ’n fliek, en kyk wat jy kan koop!

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Kate Beckinsale skei ná 12 jaar

The post Mariah Carey se verlowing verbreek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294