Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ons kuier saam by Rolanda Marais se babatee

$
0
0

Soos die meeste dinge in aktrise Rolanda se lewe, was haar babatee baie stylvol. Ons kuier saam en vier Charlotte James se koms.

Sondagmiddag drie-uur het aktrise Rolanda Marais haar babatee vir klein Charlotte James Malherbe gevier by Nice to Meet You. Dié venue behoort aan die regisseur en akteur Quentin Krog (Ballade vir ‘n enkeling) se skoonfamilie, die Schoons.

Die styl was eie aan Rolanda, ouwêrelds en romanties.

4d88679b-d6fd-4b1e-82b2-5b7b09c25e12

FOTO Magriki van Graan

ff85f4dc-c9be-45f1-bef5-4adb763ec74a

FOTO Magriki van Graan

Rolanda se man, Jozua, het terselfdertyd ’n doek-, boek- , bourbon- en braaipartytjie gehou saam met sy pêlle. “Ons wou aanvanklik iets saam gedoen het, maar Jozua moes toe daardie dag werk. Ons het toe maar besluit om dit apart te reël. Hy het die mooiste kinderboekies by sy vriende gekry en heerlike whisky en ’n klomp doeke – iets wat blykbaar goud werd is.”

9531e456-ea67-4329-a1b5-bbf6785701ad

FOTO Magriki van Graan

Vir Rolanda was die dag uiteraard baie spesiaal. Haar hartsmense was daar en sy waardeer dit opreg, want familie en vriende is ’n integrale deel van hul lewe.

“Ons sien familie en vriende as ’n uitbreiding van ons wese. Hulle is ons spieël, ons veilige hawe, die beter weergawe van onsself. Om omring te word met hulle laat ons rustig, gelukkig en veilig voel.”

cad6639c-5f20-4c80-a2ee-8a0122fb6ff3

FOTO Magriki van Graan

Rolanda se sussie, Rentia, en een van haar beste vriendinne, Chan Marti, het die babatee gereël. Hulle ken haar goed, want alles was presies soos sy daarvan hou. “Ek is so gelukkig om hulle in my lewe te hê. Hulle verstaan my so goed. Hulle weet ek is nie groot op speeches en speletjies waar ek dummies in my mond moet sit en ’n doek moet dra en sulke simpelrige goed nie, so hul aanslag is altyd subtiel en stylvol. Chan bak ook die ongelooflikste koeke en dis altyd ’n hoogtepunt om te proe wat sy gemaak het.”

3a8f97fd-cf5c-453e-97b9-7225adbba1fd

FOTO Magriki van Graan

cabd7b1d-4b58-48ab-8a59-e2e8ef09cc5e

FOTO Magriki van Graan

By haar en Jozua se huis gaan dit goed en maak hulle gereed vir Charlotte James se koms vroeg in Desember.

94bf9d7e-e532-462e-9970-22b788c96313

FOTO Magriki van Graan

e5fc1207-69bf-4a81-bef1-78ace89cb02e

FOTO Magriki van Graan

“Ek het nog tot gister gewerk, so die babakamer is nog nie uitgesorteer nie. Ek het darem nou byna alles. Ek gaan hierdie laaste paar weke nou gebruik om uiteindelik rustig te sit en ’n plekkie vir alles te vind. Ek sien baie uit daarna. Die mure is darem al geverf. Maar alles is meestal nog in bokse. Ons het ’n vriend wat vir ons ’n laaikas bou waarop die babadoeke omgeruil kan word. En sodra dit aankom, kan ons die kamer klaarmaak. Daar is nie ’n spesifieke tema nie, maar die vertrekpunt is pastelkleure soos grys, geel en pienk. Ek gaan hierdie laaste tydjie voor Charlotte James se koms beplan wat om met die kamer te doen. Dit gaan vir seker eklekties wees met ’n bietjie retro en vintage, gemeng met moderne elemente. Ek sien uit na die ontdekkingsreis. Dit gaan pret wees.”

19066b69-bb67-4b5d-9845-23a709cc3fb7

FOTO Magriki van Graan

bd2d64cb-87e4-4bfd-a5dc-5c37acd89d25

FOTO Magriki van Graan

Rolanda se ma, Charlotte, was saam met drie van haar susters by die tee. So ook Rolanda se ouma, Ouma Rolanda, wat ’n lappieskombers gebrei en as geskenk gegee het.

“Om jou medemens te respekteer en nederig te bly gaan jou baie ver in die lewe bring. Ons is almal geregtig op ’n plekkie in die son.”

- Die les wat Rolanda se ma vir haar geleer het, en wat sy vir klein Charlotte sal leer.

3c3531ab-34d2-4698-bbba-ef29467df96d

FOTO Magriki van Graan

Lees nou:

Rolanda Marais se babamagie

FOTO’S: Rolanda en Jozua se Turkse wittebrood

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

The post Ons kuier saam by Rolanda Marais se babatee appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!