Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed

$
0
0

Een ding is seker: Oor die wêreld heen huil vroue nou poele en poele waters, want hul droom van ’n koninklike huwelik lê in skerwe. Prins Harry se hart behoort nou aan die Amerikaanse aktrise Meghan Markle – en dinge klink ernstig.

Só ernstig dat sy vandag op Google getrend het!

Volgens The Telegraph het prins Harry glo die afgelope week by dié donkerkop-aktrise gaan kuier in Kanada, waar sy bly. En hy het haar glo aan sy pa, prins Charles, voorgestel.

* Party vroue die wêreld oor.*

via GIPHY

Prins Harry verdien geluk, nie waar nie? Hy het nie net in die Britse weermag gedien nie, maar het ook ’n groot hart vir liefdadigheid, diere en kinders. ’n Spieëlbeeld van sy ontslape ma, prinses Diana.

Prince Harry will undertake an official visit to the Caribbean, on behalf of Her Majesty The Queen between 20th November and 4th December. HRH will visit seven countries including the Realms of Antigua and Barbuda, St Kitts and Nevis, St Lucia, St Vincent and the Grenadines, Grenada and Barbados, as well as visiting Guyana on behalf of the Foreign Office. A Kensington Palace Spokesperson said: “Prince Harry is honoured to be representing The Queen, in the year of her 90th birthday, particularly as Antigua and Barbuda, Barbados and Guyana mark their own important anniversaries of independence. Prince Harry holds special memories of his last visit to the Caribbean, and of the warmth, friendliness and sense of fun that comes so naturally to this region. This visit will allow Prince Harry to experience more of the unique and individual cultures and traditions of these special Commonwealth Realms and countries.”PA A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Vroeër vanjaar het prins Harry erken dat hy graag die liefde van sy lewe wil ontmoet, trou en kinders kry. Maar ongelukkig het sy nog nie sy pad gekruis nie, het The Express destyds berig.

Miskien is Meghan nou sy kans op geluk.

via GIPHY

5 goed wat jy van Meghan móét weet

1. Nes prins Harry het sy ’n groot behoefte om ander mense te help. Verlede jaar is sy aangewys as een van die Verenigde Nasies se kampvegters vir vroue.

2. Ja, Meghan lyk bekend – met rede! Vir die afgelope 5 jaar boer sy op die kassie as die karakter Rachel Zane in die reeks Suits. Sy is ’n boorling van Los Angeles, maar het Kanada toe verhuis. Suits word in Toronto, Kanada verfilm.

3. Sy het ’n graad in kommunikasie van die Northwestern-universiteit in Evanston, Illinois.

4. Meghan het ook ’n kop vir besigheid en is ’n entrepreneur wat die leefstyl-webtuiste The Tig bestuur.

5. Dié donkerkop het ’n liefde vir joga. En haar ma, Doria Ragland, is ’n maatskaplike werker en ook ’n joga-instrukteur.

In die verlede het prins Harry net met blondines uitgegaan. Sy vorige meisies en blondekoppe was Chelsy Davy, Florence Brudenell-Bruce en Cressida Bonas. Miskien het sy skoonsus, Kate Middleton, hom van plan laat verander.

via GIPHY

Lees nou

Selfs CNN vier die kleurryke Bo-Kaap met sy geurige kos
Dié Volvo prop jy by die muur in
VIDEO: Pasop vir dié 7 haarwasfoute

The post Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!