Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bekende akteur inspireer en doen nóg meer!

$
0
0

Jy ken hom van flieks soos Hollywood in my huis, die jong Jacques Rynhard in Ballade vir ’n Enkeling, Die Pro, Modder en Bloed en My Father’s War. Die lys kan nog aangaan, maar teen dié tyd weet jy sekerlik ons praat van die 25-jarige akteur Edwin van der Walt. Vandag skryf ons nie eens oor sy toneelspel nie, maar oor die ander projek wat Edwin snags wakker hou … 

SARIE.com het verlede jaar geskryf dat Edwin ná skool moes kies: ’n loopbaan as akteur, of ’n loopbaan as rugbyspeler. Die Sharks-akademie het hom genader ná hy twee jaar vir die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan uitgedraf het. Maar sy hart was altyd in toneelspeel.

Nou staan hy al sterk met albei voete in die vermaaklikheidsbedryf. As akteur op die verhoog en in rolprente is hy baie besig, maar dit is sy nuutste waagstuk, Rock What You Got, waaroor ons nuuskierig is.

edwin

FOTO Instagram / @rock.what.you.got

Rock What You Got (RWYG) is die nuwe platform waarop hy onderhoude met akteurs, musikante, sportsterre, politici en buitengewone “doeners” voer. Hy gesels met hulle oor hul suksesse, raad en terugslae.

Dis nie regstreeks nie, maar eerder ’n “podcast” (potgooi) – wat jy op iTunes of Soundcloud kan luister.

Edwin het net vier helpers: sy tablet, ’n mikrofoon, verlengingskabel en Apple se musiekprogram GarageBand. Met elke potgooi wil hy een ding vir luisteraars wys: dat jy jou ding kan doen, selfs al is jou pad soms vol slaggate.

Toe ek Edwin vra oor sy doel met Rock What You Got, sê hy:

“Ek het ‘n groot vision en droom vir RWYG – ek glo dit kan optree as ’n platform waar ons gaste op die podcast dien as virtual mentors vir die omgewing/luisteraars. Ek wil ’n passiegedrewe kultuur begin skep, een waar mense doen wat hulle love en nie settle om net hulle werk te sien as ’n 9 to 5 nie.”

edwin

FOTO Instagram / @Edwinvdwalt

Die groep mense met wie Edwin al gesels het, is ’n mengsel van voorlopers uit alle bedrywe, naamlik Bouwer Bosch, De Klerk Oelofse, Greg Kriek, Beer Adriaanse, vervaardiger Cobus van den Berg en sportprestasie-afrigter Thomas Dawson-Squibb.

Jy kan nog uitsien na praatjies met bekendes soos die rugbyspeler Frans Malherbe, Stian Bam en selfs Mmusi Maimane!

Luister saam na dié interessante dromers en doeners op iTunes of Soundcloud vanaf enige toestel, soos jou slimfoon, tablet of rekenaar. Hy saai elke twee weke ’n nuwe potgooi uit.

Luister hier na die podcasts

De Klerk Oelofse

Beer Adriaanse

Bouwer Bosch

Lees nou

Sal Pat Lambie die kaptein wees wat skitter?

Mathys en SARIE-voorbladfinalis vanaand eerste keer saam op TV

The post Bekende akteur inspireer en doen nóg meer! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!