Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!

$
0
0

Die Springbok-rugbyspeler Bismarck du Plessis en sy vrou, Anja du Plessis, is trotse ouers van die oulikste tweeling-seuntjies, Francois en Gideon. Hulle is reeds in Augustus gebore, maar jy sien maar min foto’s van die tweetjies.

Kyk dié foto wat Anja van klein Francois en Gideon op sosiale media gedeel het:

Bismarck, wat deesdae vir die Franse rugbyspan Montpellier Hérault speel, en Anja het in November 2015 getrou. Kyk ’n paar foto’s hul Vrystaat-troue HIER.

Ons kan ook nie wag vir die volgende babas wat op pad is nie. Kyk dié mooi swanger ma’s:

SA se voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss straal behoorlik. Dis haar en haar man, D’Niel Strauss, se eerste baba.  

Die aktrise Rolanda Marais is swanger met haar en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, se eersteling en sy lyk beeldskoon met haar babamagie.

A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Kyk die foto’s van haar babatee HIER:

Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, verwag hul eersteling, ’n seuntjie. Sy naam gaan óók Jacques wees, berig Netwerk24.

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman gaan in Februarie 2017 ma word. Dit sal haar en Glynn Moolman, ’n biokinetikus, se eerste kind saam wees.

Die glanspaartjie Elana Afrika-Bredenkamp en Ian Bredenkamp verwag ook hul tweede baba!

 

A photo posted by Jo-Ann Strauss (@jo_annstrauss) on

Lees nou

Nóg ’n baba vir dié celeb!

FOTO: Van Coke-baba is uiteindelik hier!

Glee-ster het ma geword!

The post Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294