Dis al byna 55 jaar sedert Marilyn Monroe in haar vleeskleurige rynsteen-bedekte Jean Louis-skepping “Happy Birthday, Mr. President” vir JFK gefluister-sing het … maar die wêreld se belangstelling daarin het nog nie getaan nie.
Dié beroemde rok, wat op die nippertjie aan Marilyn vasgewerk moes word, word op 17 November in Los Angeles vir die tweede keer opgeveil. In 1999 het dit byna 1,3 miljoen dollar behaal, die meeste nog vir ’n enkele kledingstuk. Tussen 2 miljoen en 3 miljoen dollar word nou verwag, meen ’n Julien’s Auctions-woordvoerder. Marilyn is op 5 Augustus 1962, minder as drie maande ná daardie optrede, oorlede.
Kyk hoe het Marilyn op 19 Mei 1962 vir JFK “Happy Birthday” gesing:
Bron: Vanity Fair
Lees nou
Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!
Was Marilyn regtig ’n nommer 12?
Aitsa, Kate Middleton word Marilyn Monroe!
The post Tot $3 miljoen vir Marilyn se rok? appeared first on SARIE.