Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

SA skrywer se dogter maak roerende video

$
0
0

Die bekende Afrikaanse skrywer Marita van der Vyver se dogter, Mia Claisse, het ’n video gemaak wat besig is om die internet te laat gons.

Marita het vanoggend die video op haar Facebook-blad gedeel met die boodskap daarby:

“Goeie nuus maal twee. Sarkozy het uitgeval uit die presidensiële wedloop en Mia gaan ’n tjek van YouTube/Google kry want haar klein video gaan viral. Alreeds 100 000 kykers en dit groei steeds!”

Sy het ook op kommentaar gereageer: “Ek is erg trots dat sy op so ’n jong ouderdom so ’n positiewe boodskap kan begin versprei!”

Die video gaan oor selfbeeld en hoe jy in jouself moet glo.

Marita het aan SARIE.com vertel dat sy werklik trots is op haar dogter.

“Dit laat my voel of ek iets reg gedoen het terwyl ek my dogter grootmaak (tussen al die baie dinge wat ek waarskynlik verkeerd gedoen het), die feit dat sy op 16 jaar so ’n bemagtigende boodskap aan meisies kan oordra. Dis wat ek al jare lank vir vroue probeer sê, op my ‘outydse’ manier, met woorde – en sy doen dit nou op haar manier, vir haar generasie, met ’n video.”

Kyk Mia se roerende video hier:

Volgens Marita het Mia net een oggend wakker geword met die idee vir ’n kortfilm.

“Sy het een oggend wakker geword en vir my kom sê sy het hierdie idee vir ’n kort rolprentjie – en toe beskryf sy dit toneel vir toneel. Sy het die dus die ‘draaiboek’ geskryf, en sy was regisseur, akteur, redigeerder, die hele kaboedel, met haar Turks-Franse vriendin Alev agter die kamera. Die kamera was haar vriendin s’n. Nou laat die sukses van hierdie rolprentjie natuurlik vir Mia skimp dat sy haar eie ordentlike kamera wil hê vir haar verjaardag volgende maand …

Lees nou

Selena Gomez lewer emosionele toespraak

SA se beste eetplekke – hier is die lys

The post SA skrywer se dogter maak roerende video appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Groblerspruit: Episode 13


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


Die ma en haar volwasse dogter


Hygliteratuur: Buurtwag II


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


T Minus …. 6


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee