Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

EKSKLUSIEF: Desiré terug by Suidooster

$
0
0

Vir maande, terwyl die karakters van die Kaapse-sepie Suidooster hul intriges en dramas uitgeleef het, het Desiré Gardner stories vertel en ma gespeel vir haar twee kinders, James en Robin. Maar op 8 Desember gaan sy weer die pad vat vanaf haar tuisdorp, Philadelphia, na die Suidooster-ateljees net duskant Milnerton in Kaapstad. 

Ja, Desiré is permanent terug as Carmen! Kykers sal haar van Donderdag, 2 Maart, weer in aksie sien.

“Ons kan ongelukkig nie veel verklap nie. Maar Carmen se aangenome suster, Bianca, is immers swanger en daar is nooit ’n vervelige oomblik as Carmen in die rondte is nie. Die laaste keer toe sy in Ruiterbosch ’n draai gemaak het, het sy immers oornag Mev. October geword en veral vir Bridgette opdraende gegee,” het Wilmer Müller, publisiteitshoof by Suidooster Films, eksklusief aan SARIE.com gesê.

Desiré erken sy het toneelspel vreeslik gemis terwyl sy op kraamverlof was.

“Dis meer as net my werk. Dis ook deel van wie ek is. Ek was darem gelukkig genoeg om te kan skryf en subtitels te doen. Dit voer ook my liefde vir stories vertel.”

En geselskap, skerts Desiré.

“Die Suidooster-span is regtig ’n ongelooflike groep mense. Ek het nogal geselskap gemis wat nie net gaan oor Spider-Man of PJ Masks nie. En natuurlik die feit dat iemand elke oggend my make-up en hare doen. Ek het baie aande gaan slaap sonder om een keer daai dag my hare te kam.”

FOTO: Facebook / Suidooster

FOTO Facebook / Suidooster

Maar Desiré is spyt oor niks. Ma-wees het haar as aktrise geslyp.

“Ma-wees is vir my soos om twee stukke van my hart buite my lyf te hê. As James sy toon stamp, ervaar ek fisiek daai skrik en pyn saam met hom. As Robin soms erg huil, voel dit of dit my ook ontstel. Dit maak mens emosioneel seker meer sensitief en kwesbaar. Wat dit makliker maak om emosies namens jou karakter te voel.”

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Die lewe is haar verhoog.

“Ek dink vir seker elke situasie waardeur jy gaan, help jou om n karakter se emosies beter te verstaan. Soos jy ouer raak, raak jy emosioneel meer bewus van hoe jy situasies hanteer en dit kan maklik na jou karakters oorgedra word.”

Vir talle ma’s is dit ’n realiteit om ’n balans tussen werk en ouerskap te handhaaf. Dit bly uitdagend, vertel Desiré. “Ek voel jy is eers ’n ma en dan ’n mens.”

Sy het die volgende raad vir werkende ma’s:

- Jy’t ’n goeie ondersteuningsnetwerk nodig, of dit nou ’n familielid/lede, oppasser, au pair, skool of dagmoeder is. As dit in plek is, is dinge (bietjie) minder moeilik.

- En dan moet jy ook  ’n goeie verhouding met jou werkgewer hê. As jou kind die dag siek is, moet jy met hulle kan praat.

- Dinge gebeur ook soos dit moet, en jy moet maar net die beste doen en uit liefde jou besluite maak vir jou kinders. En die skuldgevoelens wat met ma-wees gepaard gaan, bietjie laat gaan.

FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

FOTO VERSKAF

FOTO Verskaf

En hoe gaan dit met Robin en James?

“So goed! Hulle is hul ma se alles. En deur die malligheid van doeke, kosblikke en ’n deurmekaar huis kan ek letterlik nie gelukkiger wees nie. Ek’s mal oor my twee kinders.”

Haar terugkeer na Suidooster is nie al opwindende nuus nie. Volgende jaar in Maart sal sy te sien wees in ’n eenvrouvertoning, Magda Louw, by die Woordfees op Stellenbosch. Die karakter Magda Louw is ’n middeljarige vrou wat die ginekoloog besoek en die ongemaklike oomblikke ervaar wat vroue dikwels met so ’n ondersoek beleef.

“Sy gaan deur die ongemak van nie weet watter kant toe om die japon aan te trek nie tot om in die wagkamer geselsies met vreemdelinge aan te knoop. Dis ’n komedie, maar kyk ook na die eensaamheid van oudword en die harde werklikheid dat die jare ons almal uiteindelik inhaal.”

Suidooster het onlangs sy eerste verjaardag gevier. Van Maandae tot Donderdae kan kykers dié sepie om 18:00 op kykNET (kanaal 144) en kykNET & kie (kanaal 145) kyk.

Verjaarsdag1

FOTO Suidooster

Suidooster2016_1

FOTO Suidooster

Lees nou

Hoe’t jy gevoel toe … jy Olimpiese Spele toe gaan ná ’n lang siekte?

Jimmy Fallon mis kans met Nicole Kidman

Bindi Irwin volg in pa, Steve, se spore

The post EKSKLUSIEF: Desiré terug by Suidooster appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Die beste tyd van my lewe


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur