Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kanye West in hospitaal

$
0
0

Die Amerikaanse kletsrymer Kanye West is die afgelope week gehospitaliseer weens uitbranding.

Dit het glo twee uur van oorreding deur die owerheid en sy vriende gekos voordat voor Kanye homself in die hospitaal laat opneem het, berig LA Times. Hy het na bewering ’n psigotiese episode beleef weens dehidrasie en uitputting.

Kanye het voor sy hospitalisering skielik 21 optredes van sy Saint Pablo-toer gekanselleer. Oor die naweek het hy ook meer as 100 foto’s op Instagram gedeel. Dit ná hy op 20 September ’n Instagram-profiel geskep het en net een foto gedeel het.

Daar’s verskeie gerugte, onder meer een dat hy nou in die hospitaal is vir psigiatriese waarneming, berig FOX News.

Simptome van uitbranding

Fisiek: Moegheid, slaapversteurings, maagprobleme, migraine, gereelde verkoues en griep, rugpyn, spierpyne, kortasem, naar, gewigstoename of -verlies, verandering in eetgewoontes.

Emosioneel: Woede, verveeldheid, frustrasie, depressie, angs, apatie, hulpeloosheid, pessimisme, irritasie.

Houding: Sinies, afsydig, twyfel in jouself, gebrek aan empatie, swak konsentrasie, buierig, lae selfbeeld.

Gedrag: Ongeskik/ongeduldig met kliënte, krities, pak die skuld op ander, op die verdediging, kommunikeer swak, stel take uit, klou aan rigiede reëls vas, baie afwesig, maak foute, waag onnodige kanse, misbruik drank/pille, het huweliksprobleme, baklei met medewerkers, werkoholisme, obsessief, oorweeg selfmoord.

FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

Voorkom uitbranding

Slaap, ’n wondersoete ding
Slaaploosheid of swak slaapgehalte is die eerste teken van innerlike spanning. Jy sluimer nie maklik in nie of skrik snags wakker. Slaap het ’n geweldige vermoë om te genees. Jou spiere, senuwees en organe se energiebehoeftes neem dan drasties af – en al jou energie is beskikbaar vir die herstelproses. Gereelde oefening, ’n voedsame dieet en stresverligtingstegnieke help jou om beter te slaap. Skakel saans geleidelik na ’n laer versnelling oor, vermy stimulante en geniet ’n warm bad voor jy in die bed klim.

Asem in . . .
Diep asemhaling is ’n natuurlike kalmeermiddel. Ontspan deur jou asemhaling doelbewus te reguleer. Die eenvoudigste manier is om met jou diafragma en maagspiere asem te haal. Asem diep in, vul jou longe heeltemal en trek dan stadig jou buik in terwyl jy uitasem.

Mediteer
Tegnieke wat jou gedagtes tot stilstand bring, is die kragtigste vorm van streshantering en ontspanning. Al meer dokters skryf meditasie voor om bloeddruk te verlaag, mense met angina te help en alledaagse stres te verminder. Dis eenvoudig: Besluit waarop jy jou gedagtes ’n tyd lank gaan toespits – bv. jou asemhaling. Bring jou dwalende gedagtes telkens na jou fokuspunt terug.

Begeleide verbeeldingsvlugte (visualisering)
Daar is baie kassette en CD’s beskikbaar. Jy luister na ’n vertelling met mooi agtergrondmusiek wat jou help om te ontspan. Navorsing toon dat sulke kragtige denkbeelde jou liggaam en biochemie beïnvloed.

Bron: Self deur Linda Friedland

Lees nou

Kyk hoe lekker kry hierdie pasgebore baba!

The Hoff is terug

The post Kanye West in hospitaal appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294