Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Waar gaan Camilla en Harry nou rook?

$
0
0

Ja, selfs die koninklikes mag nou nie meer in enige van hul amptelike wonings rook nie, berig The Daily Mail. Dit sluit Buckingham-paleis en Kensington-paleis, waar Harry woon, in.

Die koninklike woordvoerder het gesê om almal tegemoet te kom sal daar ’n oorgangsfase wees waartydens e-sigarette wel gerook mag word tot op 21 Mei 2017. Maar van 22 Mei af sal al die koninklikes wat die paleise besoek of dié wat daar woon hul sigaret buite die perseel moet geniet.

Die nuwe reël geld vir Buckingham-paleis en al die buite-areas, Windsor-kasteel, St. James-kasteel, Kensington-paleis, asook Holyroodhouse-paleis in Edinburg, Skotland.

Clarence-huis, waar Prins Charles woon, is al vir jare ’n rookvrye gebou omdat prins Charles blykbaar dié gewoonte haat ten spyte daarvan dat sy eie vrou, die hertogin van Cornwall, Camilla ook ’n roker is. Sy het glo tot 10 sigarette ’n dag gerook, maar het die gewoonte opgegee omdat haar man nie daarvan hou nie.

Die ontslape prinses Margaret, koningin Elizabeth II se suster, was ’n kettingroker en daar is baie foto’s van haar met ’n sigaret in die een hand en ’n glas wyn in die ander.

Prins Harry rook al sedert sy jonger jare.

Lees nou

Dié liedjies is die meeste gegoogle

Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees”

Moenie strand toe gaan sonder dié wenke nie!

The post Waar gaan Camilla en Harry nou rook? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294