Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het gister op Kersdag op sy Facebook-blad aangekondig dat hy weer pa gaan word.
Sy vrou, Janine, is swanger met hul eersteling.
Steve skryf dat hul uitsien om op 1 Julie vir Romy-Lee te verwelkom ná hulle lank probeer het om swanger te word.
Dié paartjie het in 2014 in Januarie in Magaliesburg getrou. SARIE het foto’s van dié troue eksklusief gepubliseer (jy kan dié uitgawe HIER aflaai).
Steve het voor die troue aan SARIE vertel:
“Ons beplan beslis ook ’n pienkvoet en Janine gaan ’n goeie ma wees. So ’n krulkopdogtertjie …”
En nou het dié droom van hulle ook waar geword.
Janine het sedert sy matriek was gedroom van ’n sprokiestroue met die man van haar drome: Steve Hofmeyr. Nou is sy stiefma vir sy kinders én hulle verwag hul eersteling.
“Daar was nog nooit iets wat my só seker laat voel het soos toe hy die ring aan my vinger steek nie. Tóé het ek geweet, die droom wat ek sestien jaar lank gehad het, word waar.”
- Janine oor Steve in SARIE, Maart 2014
Steve het reeds 5 kinders uit vorige verhoudings – Charissa, Armand, Devon, Sebastian en Benjamin.
“Almal kom oor die weg: Janine, my kinders, Natasha [Sutherland, sy vorige vrou en ma van Sebastian en Benjamin]. Kyk, almal hoef nie oor mekaar te val nie, maar daar is vrede. Dís die meeste waarvoor ’n ou kan vra in wat eintlik ’n baie ongemaklike situasie is. My lewe is en was ’n warboel. Ek leef ’n lewe van regrets omdat ek nie ’n perfekte lewe gehad het nie, maar dis dinge waarop ek probeer verbeter. Ek probeer nou dinge regmaak.”
- Steve in SARIE, Maart 2014

Sebastian, Devon, Janine, Steve, Benjamin, Charissa en Armand op hul troudag in Januarie 2014 FOTO: custophoto.com
VIDEO: Steve vertel wat hom verlief maak op Janine
Geluk, Steve en Janine!
Lees nou
Steve Hofmeyr terug by sy eerste liefde
Steve Hofmeyr se foto-album op sy 50ste verjaarsdag
Steve Hofmeyr se ‘Treurgrond’ vaar goed by die loket
VIDEO: Steve Hofmeyr op 50 oor omstredenheid, grys hare en highlights
VIDEO: Steve Hofmeyr en Karen Zoid sing saam
The post Steve Hofmeyr en Janine is swanger! appeared first on SARIE.