In Hollywood hou die meeste verhoudings en huwelike nie lank nie. Kyk nou maar vir Brad Pitt en Angelina Jolie, Diane Kruger en Joshua Jackson, Drew Barrymore en Will Kopelman. Maar tot ons verbasing is daar tog verhoudings wat die toets van die tyd slaag, lees meer hier.
Die akteurs Channing Tatum en Jenna Dewan Tatum is wragies ’n oulike paartjie! Die twee het mekaar in 2005 op die stel van die dansfliek Step Up ontmoet. Kort daarna het hulle begin uitgaan. In 2008 het hulle verloof geraak en in 2009 het die tweetjies getrou. Hul dogtertjie, Everly Elizabeth Maiselle Tatum, is in 2013 gebore.
Dis duidelik dat Channing ná al die jare steeds verlief is op sy vrou. In 2015 het hy die volgende aan Vanity Fair gesê:
“Sy’s ’n vegter. ’n Superma. ’n Mens kan dit doodeenvoudig nie anderste sê nie. Sy is dit elke liewe dag.”
En op Instagram bewonder hy haar gereeld:
Kyk net hul oulike oomblikke:
Lees nou
Dié Hollywood-paartjies is al vir jare saam
Hollywood-paartjies uit die verlede
The post Oulikste Hollywood-paartjie: Channing en Jenna appeared first on SARIE.