Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Sjokolade jou achilleshiel? Kies só beter

$
0
0

Jy kan vanjaar gesonder wees én steeds lekker eet! Kies net jou peuselhappies slim, sê geregistreerde dieetkundige Mariza van Zyl van BeterEet.

Jy eet gewoonlik …

Sjokolade met vulsels

Kies eerder …

20 g donkersjokolade

• Donkersjokolade (70% en meer kakao) word onder meer geassosieer met plantstowwe wat help om bloeddruk te verlaag. Dit verbeter ook insulien-sensitiwiteit en bloedglukose-gebruik (en dus insulienweerstandigheid). Dit het boonop minder suiker as gewone sjokolade en -stafies.

Jy eet gewoonlik …

Wortel-en-pekanneut-muffin

Kies eerder …

’n Skon met ’n bietjie konfyt en eetlepel geklopte room

• Oppas vir die sogenaamde “gesondheidsmuffin” – dis gewoonlik maar nes koek. ’n Wortel-en-pekanneut-muffin het maklik dubbel die hoeveelheid koolhidrate as ’n skon van dieselfde grootte. Dis inderwaarheid ’n hele sny brood se koolhidrate meer. Eet liewer die skon met ’n lekseltjie konfyt en room. Albei het egter genoeg kJ om ’n maaltyd te vervang.

FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Jy eet gewoonlik …

Versoete jogurt

Kies eerder …

100 g ongegeurde jogurt met ’n kaalperske (nektarien) gesny of verpulp

• Daar is meestal sowat 3 teelepels bygevoegde suiker in ’n 150 mℓ-houertjie versoete jogurt. Wanneer jy ’n sappige nektarien met ongegeurde jogurt kombineer, kry jy nie net minder verfynde suiker in nie, maar ook die gesonde vesel, vitamiene en minerale wat deel van die nektarien (nou in seisoen) is. Die bakkie is boonop voller en sal jou meer versadig laat voel. Dit maak ook nie soveel saak of die jogurt volroom of laevet is nie. Die volroom-een het sowat 5 g vet teenoor die laevet-weergawe se sowat 2,7 g vet (150 mℓ).

Dubbeldik jogurt (150 mℓ) bevat egter sowat 10 g vet omdat ekstra room bygevoeg word.

Lees DEEL 3 hier

Onthou

• Besluit vooraf: Is dit ’n maaltyd, of wil jy peusel? Peuselkos moet liefs nie meer as 500 – 800 kJ per keer bevat nie. En kombineer dit met ’n vrug.

• Onthou! Jou maag moet versadig voel om die boodskap na jou brein te stuur dat jy genoeg gehad het. Iets baie vetterigs maar klein – dit het dus baie kJ, maar is nie besonder groot nie – kan jou laat aanhou eet. Kombineer etes en peuselgoed met ’n glas water of ’n beker rooibostee.

• Moenie eet terwyl jy werk/lees/loop nie – jou aandag is elders en voor jy jou oë uitvee, is die pak leeg.

Probeer om nie elke dag verfynde kos (witmeel, witbrood, muffins) te eet nie. Vrugte, neute en jogurt is ’n voedsame, kJ-vriendelike maaltyd of peuselhappie.

*Kry nog wenke in Mariza se boek Dik vir Dieet (Naledi). Besoek haar webblad.

The post Sjokolade jou achilleshiel? Kies só beter appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294