Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Golden Globes: Ons skoonheidsgunstelinge

$
0
0

Die Golden Globe-toekennings het gisteraand plaasgevind en bekendes het geskitter in die mooiste grimering en haarstyle. Hier is van ons gunsteling-skoonheidstrends op die rooi tapyt:

Sag en romanties

Aktrises soos Nicole Kidman, Claire Foy en Emma Stone het almal ’n tikkie pienk lipstiffie saam met sagte metaalskakerings op hul oë gedra.

Dramaties

Donker, meer dramatiese lipkleure het ook ’n oomblik in die kollig geniet. Kerry Washington het ’n purper lipstiffie gekies en Priyanka Chopra ’n dieprooi skakering. Lily Collins se bruinrooi oogskadu het haar helderrooi lippe perfek gekomplementeer. Ons is ook mal oor Lily se haarstyl – ’n vlegsel gekombineer met ’n hoë bolla gaan glo ’n groot tendens in 2017 wees.

 

Halfop-haarstyle

Natalie Portman en Tracee Ellis Ross het albei die boonste deel van hul hare teruggebind vir ’n stylvolle voorkoms.

 

Lint

Sienna Miller en Michelle Williams het hul rooitapyt-voorkoms opgekikker met ’n eenvoudige swart lint. Sienna het ’n lint om haar poniestert gebind en Michelle een om haar nek.

 

Opstyle vir hare

Anna Chlumsky, Thandie Newton en Jessica Biel het almal verkies om hul hare in ’n glansryke opstyl te dra.

Lees nou

Golden Globes: Die wenner is…

The post Golden Globes: Ons skoonheidsgunstelinge appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294