Elke toekenningsplegtigheid lewer sy saai toesprake op, maar dan is daar ook dié waaroor nog lank gepraat sal word. By gister se Golden Globes was daar veral drie wat uitgestaan het.
Ryan Gosling vereer sy vrou, Eva Mendes
Die akteurspaartjie Ryan Gosling en Eva Mendes is bekend daarvoor dat hulle hul persoonlike lewe uit die kollig hou. Én weier om persoonlike vrae te beantwoord. Maar hoor net wat Ryan, wat as beste akteur in ’n musiekblyspel/komedie aangewys is, oor sy vrou te sê gehad het toe hy sy goue toekenning ontvang.
Meryl Streep vat die verkose Amerikaanse president Donald Trump aan
Sy is die darling van Hollywood en gister het Meryl Streep die Cecil B. DeMille-toekenning vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf ontvang. Met die wêreld aan haar lippe het sy nie gehuiwer om ’n “opvoering” uit te sonder wat haar ontstel het nie: Donald Trump wat verlede jaar glo die spot gedryf het met ’n gestremde joernalis van New York Times, Serge Kovaleski.
Meryl het Trump aangevat in haar toespraak. “Wanneer diegene met mag hul posisie gebruik om ander te boelie, verloor ons almal.”
Luister na haar toespraak hier:
Tom Hiddleston, wat probeer jy sê?
Dié Britse akteur het die toekenning as beste akteur in ’n beperkte reeks ontvang. Maar ai, niemand is seker wat hy in sy toespraak probeer sê het nie. Die gehoor was ook duidelik verward.
The lack of interest in Tom Hiddleston’s story about his show is my everything https://t.co/vsTHCK0WQK
— Dave Lozo (@davelozo) January 9, 2017
Lees nou
Golden Globes: Ons skoonheidsgunstelinge
The post 3 toesprake laat die wêreld gons appeared first on SARIE.