Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kim Kardashian praat uiteindelik oor die rooftog

$
0
0

Groot geheimsinnigheid het geheers rondom die rooftog op Kim Kardashian West in ′n Paryse hotel verlede jaar. Wat presies het daardie aand gebeur?

In berigte is gegis dat sy die gebeure van die aand moes stilhou sodat die polisieondersoek eers afgehandel kon word. Maar in tipiese Kardashian-styl het die ster nou die eerste keer in haar werklikheidsepiereeks Keeping up with the Kardashians uitgelap wat gebeur het.

Lees meer oor Kim se rooftog HIER.

Volgens die lokprent van die reeks se 13de seisoen het Kim gedink die rowers gaan haar in die rug skiet. “Ek raak so ontsteld wanneer ek weer daaraan dink,” vertel Kim aan haar susters Kourtney en Khloe.

Kim was drie maande lank ná die rooftog nie op sosiale media nie, juis omdat beweer is die rowers het haar geteiken weens al haar sosialemedia-aktiwiteite. Na raming moes sy in dié tyd elke maand omtrent $1 miljoen aan inkomste afstaan. Kim word groot bedrae betaal om produkte op haar gewilde sosialemedia-platforms te bemark. Lees meer HIER.

Kim se emosionele reaksie toe haar man, Kanye West, ’n paar weke ná die rooftog weens uitbranding in die hospitaal opgeneem is, is ook duidelik sigbaar in die lokprent.

Lees meer oor Kanye se hospitalisasie HIER.

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

VIDEO: Dié Kardashian is weer enkellopend – kyk hier waarom!

Nog ’n Kardashian is gebore!

Kim Kardashian óók sonder grimering

The post Kim Kardashian praat uiteindelik oor die rooftog appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294