David Bowie is gister ’n jaar terug oorlede en sy weduwee, die model Iman, het ’n roerende foto gedeel om die dag te gedenk.
Iman het nog nie ná David se dood veel met die media gepraat nie, maar sy het wel dié foto van ’n dubbelreënboog oor New York gedeel. Sy het die hutsmerke #ForeverAndEver #ForeverLove en #BowieForever bygesit.
Baie mense sien tekens in reënboë en ons moet stem dat dié reënboog iets spesiaals is.
Iman is die ma van David se enigste dogter, Alexandria Jones (Lexi). Iman en David was 24 jaar getroud toe David sy stryd teen kanker verloor het.
Lees nou
Dogter se huldeblyk aan pa Robin Williams
Prinse William & Harry se emosionele huldeblyk aan hul ma
The post Iman se roerende huldeblyk aan David Bowie appeared first on SARIE.