Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ed Sheeran breek rekords met sy nuwe musiek! Luister dit hiér

$
0
0

Nuwe musiek, nuwe rekords! Die Britse sanger en gereelde lid van Taylor Swift se squad het onlangs twee nuwe musiekvideo’s vrygestel en albei het rekords by die musiekstroomdiens Spotify laat spat. Binne net 24 uur is die video’s saam meer as 13 miljoen keer gestroom! 

“Shape of You” is sowat 6,8 miljoen keer gestroom en “Castle on the Hill” 6,2 miljoen keer. Die twee liedjies het onderskeidelik die nommer 1- en 2-plekke gehaal op Spotify se 24 uur-trefferlys.

Die vorige rekord is sedert 2015 gehou deur die sanggroep One Direction. Hul “Drag Me Down” is sowat 4,8 miljoen keer gestroom, berig Channel24.

Luister Ed Sheeran se “Shape of You” hiér:

Luister “Castle on the Hill” hiér:

Dit was ’n goeie week vir die musiekwêreld. Om die 30ste herdenking van die uitreiking van hul trefferalbum The Joshua Tree te vier gaan die Ierse rockgroep U2 al die liedjies op die album weer opvoer op ’n nostalgiese toer regdeur Europa en die VSA.

Luister “With or Without You” vanaf die album hiér:

Onthou julle nog die Amerikaanse sangeres Michelle Branch? As jy in die vroeë 2000’s ’n tiener was, sal jy uit jou vel spring oor dié nuus: Ná ’n stilte van 14 jaar stel Michelle op 7 April ’n nuwe album, Hopeless Romantic, vry, berig Hello Giggles.

Om jou geheue te verfris luister haar treffer “Goodbye to You” hiér:

Lees nou

FOTO: Die beste ‘photobomb’ van die Golden Globe-toekennings!

Kim Kardashian praat uiteindelik oor die rooftog

3 toesprake laat die wêreld gons

The post Ed Sheeran breek rekords met sy nuwe musiek! Luister dit hiér appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


LêNet: Verslind


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Hygliteratuur: Buurtwag II


LêNet: Seks


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!