’n Nuwe haarstyl is so goed soos ’n vakansie, dit weet ons almal. Maar wanneer dit die begin van ’n nuwe jaar is, is ’n nuwe kapsel die perfekte manier om “nuut” te begin. Dis presies wat die Kanadese aktrise Nina Dobrev gedoen het.
Nina, wat bekend is vir haar rol in die CW-reeks Vampire Diaries, het onlangs besluit om haar lang lokke af te sny en spog nou met ’n pragtige lob (lang bob). Ons is mal daaroor!
Toe
Nou
Dit lyk of die lob steeds gewild gaan wees in 2017.
Waarom so gewild?
Een ding weet ons: Die lob is tans dié haarstyl onder internasionale en plaaslike sterre … en dit lyk asof die jaar (jare) van die lob nog lank nie verby is nie. Sedert begin verlede jaar het bekendes soos Khloé Kardashian, Victoria Beckham, Adele, Jennifer Lawrence en Leandie du Randt – om net ’n paar te noem – ook met die styl gespog.
Ons kan sien waarom so baie celebs van die haarstyl hou: Dit pas byna almal – ook ons “gewone” mense!
Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm, oud en jonk, en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir ’n strandvoorkoms. ’n Lob is ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl verkies wat maklik stileer, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Probeer dan ’n lang bob wat in lae gesny is, met of sonder ’n kuif. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.
Kyk net hoe word Nina se hare getransformeer:
Nina is nie ál bekende wat nuwe lewe in haar hare geblaas het nie. Die Amerikaanse sangeres Selena Gomez het ook haar hare in ’n lob gesny.
Toe
Nou
Casual day in LA with @selenagomez@chrisclassen @tombachik @_marissamarino @hungvanngo #secretproject #bts A photo posted by Hung Vanngo (@hungvanngo) on
Lees nou
Kendall se ‘Carrie Bradshaw’-oomblik
Hulle is terug! Jou gunsteling-speelgoedponies …
The post Nina Dobrev se nuwe hare appeared first on SARIE.