Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bekendes en hul verloofringe

$
0
0

Liefde is behoorlik in die lug. Bekendes raak op ’n streep verloof – dink maar aan Kirstin Dunst en Kate Mara. Ons verkyk ons aan al die mooi verloofringe: kosbare stukke wat elkeen sy eie storie vertel.

Party glanspare verkies ’n minimalistiese ring en ander pronk weer met ’n diamant so groot soos ’n rots.

Verlede jaar het die aktrises Julia Stiles en Amanda Seyfried se verloofringe aandag getrek juis oor dit so onopgesmuk is. Amanda se ring is net ’n goue pand met nie ’n diamant in sig nie! En Julia s’n bestaan uit ’n dun pand met ’n enkele diamant.

Best Christmas Ever!

A photo posted by Stiley Jay (@missjuliastiles) on

In Desember het die Suid-Afrikaanse aktrises Amalia Uys en Lizelle de Klerk verloof geraak, en elkeen se ring is uniek.

Amalia, wat onlangs in die Afrikaanse romantiese komedie Sy klink soos lente te sien was, het só oor haar verlowing aan haar kêrel van die afgelope twee jaar, Shaun Golding, gesels:

“Ons was in Desember by my ouers op die Weskus. Ek en Shaun het laatmiddag op die strand gaan stap en dis waar hy my gevra het om te trou. Ek is baie lief vir die Weskus en dis ook waar ek en hy ontmoet het. Daarom was dit vir my baie spesiaal. Plus ons het ons families naby gehad wat saam met ons kon feesvier. Shaun se ouers en my broer-hulle het die volgende dag deurgekom om saam met ons ’n glasie te klink. Ek kan nie my geluk glo dat so ’n mens oor my pad gekom het nie. Hy is my droomman. In elke opsig.”

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

En oor haar ring: “Ek is absoluut verlief op my ring! Dit was ’n groot verrassing! Hy het so stilletjies met ’n juwelier gesit en dit saam met haar ontwerp.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lizelle, wat bekend is vir haar rolle in Musiek vir die agtergrond, Donkerland, PretvilleStuur groete aan Mannetjies Roux en Bloedbroers, het in Mosambiek verloof geraak.

Só vertel sy oor die oomblik toe Duwayne Pike, haar “sielsgenoot”, met die ring voor haar kom kniel het:

“En toe ek omdraai is Duwayne gekniel voor my. Hy het dadelik begin praat: ‘Ek’s lief vir jou, jy’s myne. Sal jy met my trou?’ Ek kon nie iets sê nie en het net geknik. Toe het ek hom gesoen. En toe vra hy vir my of ek nie eers die ring wil sien nie. Ek was so opgewonde ek het skoon van die ring vergeet.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

“Die ring bestaan uit witgoud met ’n saffier omring deur diamante. Duwayne het ’n baie definitiewe idee gehad van hoe die ring moes lyk en dit self ontwerp.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Ander bekendes se verloofringe

In September 2016 het Karlien van Jaarsveld aan die rugbyspeler Joe Breytenbach verloof geraak. Sy het later ’n foto van haar ring op Instagram gedeel.

Almal wat my ring wou sien

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Die Afrikaanse sangeres Franja du Plessis, wat reeds vyf jaar in ’n verhouding met die rugbyspeler Willie Engelbrecht is, het self ’n paar foto’s gedeel met ’n pragtige ring aan haar vinger. 

#tbt #throwbackthursday na ‘n aand uit so 2 weke terug! #vakansie #lekker #liefde #verliefenverlore

A photo posted by Franja Du Plessis (@franjadp) on

My nuwe baba! Hulle kruip so vinnig in ‘n mens se hart in! #animallover #jackrussel #socuteenklein

A photo posted by Franja Du Plessis (@franjadp) on

2016 se mooiste ring?

In 2016 was hierdie verloofring die gewildste op Pinterest. HelloGiggles berig dié ring deur Raymond Lee Jewelers in Florida, Amerika, is al meer as 63 000 keer na Pinterest-inspirasieborde gestuur.

Die ring se spesifikasies? 18-karaat-witgoud in ’n fyn kantpatroon met ’n hoofdiamant en kleiner diamante wat om dit geset is: altesame 0,45 karaat.

En wat dit jou sal kos? $4 300 (om en by R60 000).

1471428912-engagementring-570x319

FOTO Raymond Lee Jewelers

1471428777-rlj-engagementring-570x570

FOTO Raymond Lee Jewelers

Wat gaan 2017 se gewildste verloofring wees?

Lees nou

Nina Dobrev se nuwe hare

Is Amber Heard en Elon Musk ’n paartjie?

Advertensie ruk hartsnare en gaan viral

The post Bekendes en hul verloofringe appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Wat staan 'n vrou te doen?


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee