Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Watter tipe selfie-nemer is jy?

$
0
0

Studente aan die Universiteit van Brigham Young het ’n studie van selfie-nemers gedoen om vas te stel waarom mense graag selfies neem.

Hulle bevinding? Veel meer as net narsisme speel ’n rol. Hulle het selfie-nemers in drie kategorieë ingedeel: kommunikeerders, outobiograwe en dié wat dit doen vir self-reklame (self-publicists).

Kommunikeerders

Hierdie groep neem hoofsaaklik selfies om in gesprek te bly met hul vriende, familie en/of volgers (followers).

Die sanger en komediant Bouwer Bosch gebruik soms sy Instagram-profiel hiervoor. Hier is hy die afgelope Kersfees saam met sy vrou, die aktrise Leandie du Randt.

Lekke Kersfees vir jou!

A photo posted by Bouwer Bosch (@bouwerbosch) on

 

Outobiograwe

Vir hierdie groep is die grootste doel van ’n selfie om belangrike gebeurtenisse in hul lewe vas te vang en uitstaan-oomblikke te verewig.

Die Protea-krieketkaptein, Faf du Plessis, is ’n goeie voorbeeld van iemand wat soms sy Instagram-profiel hiervoor gebruik.

 

Self-reklame

Anders as wat jy dalk dink, is dié groep die kleinste van die drie. Hierdie mense dokumenteer hul hele lewe met die hoop om hulself en hul stories in ’n positiewe lig voor te hou.

Die Amerikaanse popster Taylor Swift is ’n goeie voorbeeld van so iemand. Ondanks die goor tye in haar lewe soos haar verhoudings wat verbrokkel en dan elke skinderblad haal, wys haar Instagram-profiel meestal net haar gelukkige tye.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Bron: Mail Online

Is jy ’n selfie-liefhebber? As jy is, kan jy glo tot 25 000 van dié kiekies gedurende jou leeftyd neem!

Verlede jaar is ’n peiling onder millenniërs tussen die ouderdom van 16 en 36 gedoen om vas te stel wat hul selfie-gewoontes is. Die deelnemers het gesê hulle neem gemiddeld nege selfies per week en spandeer dan sowat sewe minute per selfie om seker te maak die foto is perfek! Die peiling is onderneem deur die Amerikaanse handelsmerk Luster Premium White, wat tandbleik-produkte vervaardig.

So, hoe kry hulle dit reg? Ons wys jou stap vir stap hoe om al met die eerste probeerslag jou beste selfie te neem. Klik hier.

Lees nou

Neem só die perfekte selfie

Almal neem nou hul Instagram-foto’s só

Is daar nou meer narsiste in die wêreld?

The post Watter tipe selfie-nemer is jy? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294