Sy het voor ons oë grootgeword. En vir ons Februarie-uitgawe verskyn klein Olivia Rose die derde keer op ons voorblad saam met haar aktrise-ma, Diaan Lawrenson.
Daar’s ’n stuk magic as dié twee saam afgeneem word. Miskien is dit die ongelooflike liefde wat Diaan vir Olivia uitstraal. In 2010 was dit vir Diaan moeilik om in woorde te beskryf hoe dit voel om dié klein mensie se ma te wees.
“Ek kan my nie meer ’n lewe sonder haar voorstel nie. Sy is my engelkind.”
– Diaan Lawrenson in SARIE se Oktober 2010-uitgawe
Op die voorblad vir Oktober 2010 met haar engelvlerkies vas aan die slaap op haar ma se skoot.
Twee jaar later in Junie 2012 met ’n wonderlike krullebol.
En nou, dié maand, ’n volle ses jaar oud en ’n prinses so mooi soos haar ma!
Kry jou Februarie-uitgawe hier.
Lees nou
Advertensie ruk hartsnare en gaan viral
Só klink ‘Fifty Shades Darker’ se temalied!
The post Diaan en Olivia Rose oor die jare appeared first on SARIE.