Prinses Charlene en die koninklikes van Monaco was die afgelope week sowaar besig! Nie net is haar broer Gareth Wittstock in Monaco getroud nie, maar die Princess Grace-toekenningsgala, waar die Amerikaanse akteur Robert Redford onder andere vereer is, het ook die naweek daar plaasgevind.
Volgens Hello! het Gareth en sy vrou, Roisin Gavin, Donderdag in Monaco getrou. Die paartjie is die trotse ouers van ’n tweejarige dogtertjie, Kaia-Rose.
Gareth en Charlene het ’n noue band, dus maak dit sin dat hy haar dogtertjie, prinses Gabriella, se peetpa is.
Twee dae ná die troue het prins Albert en prinses Charlene gasheer en -vrou gespeel vir die 2015 Princess Grace-toekenningsgala. Die gala, wat deur Christian Dior Couture befonds is, het erkenning gegee aan die All the President’s Men-akteur Robert Redford en sy vrou, die kunstenaar Sibylle Szaggars Redford. Hulle is met die Prince Rainier III-prys vereer.
© Photo : F. Nebinger / Palais Princier
Posted by Palais Princier de Monaco – Prince’s Palace of Monaco on Monday, September 7, 2015
Die filmmaker en skrywer Cary Fukunaga is op sy beurt met die Princess Grace Statue Award bekroon.
© Photo : Eric Mathon / Palais Princier
Posted by Palais Princier de Monaco – Prince’s Palace of Monaco on Monday, September 7, 2015
Dié toekennings is prinses Grace [Kelly] van Monaco se nalatenskap om uitnemendheid in die kunste te laat voortleef deur ontluikende talent in teater, dans en film te identifiseer en te ondersteun.
Grace Kelly was ’n Amerikaanse aktrise wat, ná sy met prince Rainier III getrou het, die prinses van Monaco geword het.
Bron: Hello!
Lees ook
- Prinses Charlene gesels oor hul tweeling
- FOTO’S: Prinses Charlene se roerende toespraak te ere van prins Albert
- Prinses Charlene se spesiale swemles
The post ’n Familietroue en ’n gala: Prinses Charlene se besige week appeared first on SARIE.