Wanneer die Hollywood-akteurs Tom Cruise en Katie Holmes jou ouers is, is privaatheid dikwels ’n luuksheid, so Suri word meestal uit die kollig gehou. Tog praat almal oor die skaars foto’s wat Katie van haar dogter op instagram gedeel het, berig Hello!.
“My kunstenaar skep met my,” het die 36-jarige brunet onder dié foto geskryf waar Suri met ’n spuitkannetjie verf doening is. Daily Mail wonder of die 9-jarige nie dalk saam met haar ma aan ’n nuwe fliek werk nie.
Hier is nog van dié ma-en-dogter-duo se spesiale oomblikke
Tom en Katie is ná ses jaar in 2012 geskei. Suri is hul enigste kind.
Bronne: Hello! en Daily Mail
Lees ook
- Só kweek Kate Winslet haar dogter se goeie selfbeeld
- FOTO’S: Dié dogters maak nes hul bekende ma’s
- FOTO’S: Ma-en-dogter-uitrustings
The post Katie Holmes deel skaars foto’s van haar dogter appeared first on SARIE.