’n Hele naweek kon die beeldskone Ilzé Saunders en Dewald Buys hul huwelik in Sun City vier. Nou begin hul eerste avontuur saam as meneer en mevrou Buys: ’n wittebrood op die Bahamas en dan in New York.
Op Vrydag 3 Februarie het die voormalige Mej. Aarde, geklee in ’n pragtige Anel Botha-skepping, in die paadjie afgestap na haar geliefde Dewald toe. Die talentvolle Refentse het met sy diep fluweelstem die treffer “Sonvanger” gesing.

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Vir Ilzé was dit belangrik dat haar pa hierdie oomblik met haar sou deel.
“Om in daardie paadjie af te stap is nie net vir my spesiaal nie, maar ook vir my pa. Hy moet sy dogter weggee en dis ’n ongelooflike oomblik,” het sy vooraf aan SARIE.com gesê.
Die paartjie het by Boabab Outlook in die Sonpaleis se tuin ewige trou aan mekaar beloof voor 200 gaste wat die spesiale geleentheid saam met hulle kom vier het.

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Ilzé en Dewald het talle trouplekke besoek, maar op die ou einde besluit Sun City sou die beste agtergrond vir hul groot dag skep. En dit het ook perfek ingepas by hul kleurskema van wit met ’n tikkie goud.
“Om die troue te beplan was ongelooflik lekker gewees. Ek het dit só geniet, want events reël is deel van my lewe. Dis tweede natuur. Maar wat alles nóg makliker gemaak het, was Dewald. Hy was deel van elke liewe proses.”

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Ná die seremonie is die gaste met ’n straatmarkie bederf waar hulle verskillende soorte kos kon eet en drankies geniet. Die gaste het tot paspoorte ontvang, waarin hulle stempels deur die loop van die aand ontvang het!
Dit was vir die paartjie belangrik dat die gaste elke oomblik geniet. Daarom het hulle besluit om hul troue oor twee dae te hou.
“Ek en Dewald sien elke geleentheid in ons lewe as ’n reis en ons troue is ons grootste avontuur nóg. Dit is ook hoekom ons dit die hele naweek hou om die reis saam ons familie en vriende te geniet.”

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Die onthaal het in The Palace plaasgevind. En hul troukoek? Dit het uit talle koeklollies met ’n kaaskoekvulsel bestaan.
Maar dis nie al nie! Ná die onthaal is die gaste om 23:00 geneem na ’n plaaslike sjebien waar hulle met shooter-drankies verwelkom is. Die gaste het toe ’n tweede keer partytjieskoene aangetrek.

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Die res van die naweek het Ilzé en Dewald saam met hul gaste die pragtige omgewing geniet totdat die twee Sondag hul tasse moes pak vir die wittebrood.
Nóg foto’s van Ilzé en Dewald se groot dag:

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography

FOTO Du Wayne Photography
Die paartjie wil graag die volgende verskaffers bedank:
Trourok: Anel Botha Couture
Velsorg en pamperlang: Sprout Aesthetics
Bykomstighede: JCClick aanlyn
Die bruid en strooimeisies se blomme: Bride in Bloom
Kaartjies en ander papierontwerpe: Studio Stationery & Design
Fotograaf: Du Wayne Photography
Videograaf: Bravo & Thatcher
Hare en grimering: Angelic Allure
Dekor: Decor-D-Zign
Musiek en beligting: MSM Productions
Nagereg: Ice Cream Ninjas
Kunstenaar: Refentse
Venue: Sun City
Baie geluk, Ilzé en Dewald!
Die troue word eersdags op Top Billing uitgesaai.
Lees nou
Hoe lank staan jy voor jou grimeerspieël? Spaar só tyd!
Ma Candice Swanepoel spog met Anacã
Van kerrie tot koftas, Herman kook met volstruis
The post EKSKLUSIEF: Ilzé Saunders se groot dag appeared first on SARIE.