Dis beslis Emma Stone se jaar. Sy het reeds die toekenning vir beste aktrise by die Golden Globes en Screen Actors Guild verower en nou is sy ook as beste aktrise by die Baftas aangewys. Sal sy ook die Oscar wen vir haar spel in die bekroonde La La Land? Haar kans lyk nou baie goed.
Die Baftas (British Academy Film and Television Awards), oftewel die Britse niggie van die Oscars, het gistraand plaasgevind. Dis ’n glansryke geleentheid wat selfs deur die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, bygewoon is.
Hier’s die lys van wenners …
Beste rolprent – La La Land
Beste Engelse rolprent – I, Daniel Blake
Beste regisseur – Damien Chazelle, La La Land
Beste aktrise – Emma Stone, La La Land
Beste akteur – Casey Affleck, Manchester by The Sea
Beste vroulike byspeler – Viola Davis, Fences
Beste manlike byspeler – Dev Patel, Lion
Beste draaiboek – Kenneth Lonergan, Manchester by The Sea
Vir die volledige lys klik hier.
Lees nou
Jak de Priester vier 15 jaar se sukses
QUIZ: Watter rooi lipstiffie is perfek vir jóú vir Valentynsdag?
The post Nóg een vir Emma Stone appeared first on SARIE.