Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

‘Dr Tertius Jonker’ sing mooi

$
0
0

Dr Tertius Jonker van die kykNET-sepie Binnelanders, Reynardt Hugo, is skrywer en sanger in die mansgroep ADAM – trouens, hy skryf die meeste liedjies van dié groep.

Baie sal hom onthou van die 2008 Houtkruis-musiekproduksie, waarin hy ook opgetree het.

Hy en sy sangmaat Hugo Ludik het die titelliedjie “Hoogtevrees’’ van hul nuwe album Hoogtevrees geskryf.“Dit is my gunsteling-liedjie op die album, want dit is nostalgies, ’n perfekte kombinasie van herinnering en liefde.’’

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Hy het ’n BA-dramagraad in 2007 aan die Universiteit van Pretoria verwerf en sê ADAM akkommodeer Binnelanders en andersom. “Ons tree elke naweek op en doen een of meer toere per jaar. Met die Woordfees en KKNK sal ons ook weer optree.’’

Reynardt is die trotsste op sy liedjie “Vergifnis’’ (luister hierna onderaan dié artikel), want dit gaan oor oorbegin, oor jammer sê.

Hy is baie bly sy lewe het uitgedraai soos dit moet. Maar hy droom tog daarvan om te gaan brood bak in Spanje. Of om te gaan vis pak in Alaska …

Luister hier na hul liedjie “Vergifnis” wat ook op ADAM se nuutste album verskyn:

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde

The post ‘Dr Tertius Jonker’ sing mooi appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek