Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

KKNK roep Margit, en kyk haar vakansie!

$
0
0

Die aktrise, toneelskrywer en mede-eienaar van die gewilde teaterrestaurant Die Boer in Durbanville, Margit Meyer-Rödenbeck, beter bekend as die grapmaker Dowwe Dolla, is soos altyd hard aan die werk. Sy is besig om vir die KKNK-produksie Koöperasiestories te repeteer. 

Die teks, ’n verwerking van die dramaturg P.G. du Plessis se verhale, kom uit die pen van Alexa Strachen. Margit speel teenoor die akteurs Chris van Niekerk, Marion Holm, De Klerk Oelofse en Carel Nel. En die regie word deur Sandra Prinsloo behartig.

Gelukkig kan Margit weer na haar Desembervakansie se foto’s kyk as sy te besig raak. Dolla en haar man, Jurg, en oulike dogtertjie, Luca, is einde verlede jaar na Bangkok en die goue strande van die Thaise eilande Phuket, Phi Phi en Krabi.

Dis nie verniet die “land van glimlagte’’ nie, vertel sy. Die mense is vriendelik. Sommer baie. ’n Plek waar Dolla tuis voel. Sy gesels met ons oor haar heerlike vakansie.

'n Gelukkig gesin baljaar in die water.  FOTO Verskaf

‘n Gelukkige gesin baljaar in die water.
FOTO Verskaf

“Ek kan nie onthou wanneer laas ek bruin was nie. Wat Thailand so besonders maak, is die landskap. Dit is prentjiemooi,’’ borrel Margit.

Hulle het gerus. Boek gelees, lekker gaan stap op die strande, nuwe plekkies verken, gesels, gelag.

“Ek en Jurg is mal oor Thaise kos.’’ Luca het reggekom met spaghetti bolognese, pizza, vrugte en hamburgers. “Drank is duur, veral hardehout en wyn, maar plaaslike bier is bekostigbaar.”

Die weer was elke dag lieflik. “Luca was mal daaoor. Om te swem in die warm water. Sy geniet nuwe plekke en mense, nes ons. Phi Phil-eiland was beslis haar gunsteling. Dit wemel van die katte en sy is katmal. Ek het sowat 60 foto’s van wildvreemde katte op my slimfoon,’’ lag Margit.

Margit, Jurg en Luca op 'n bootjie. FOTO Verskaf

Margit, Jurg en Luca op ‘n bootjie.
FOTO Verskaf

In Suid-Afrika gaan Margit elke tien dae vir ’n massering. “Dit is nie ’n luukse nie, maar ’n noodsaaklikheid as jy met jou lyf werk.” In Thailand, vertel sy, is dit spotgoedkoop. Jy kan elke dag jouself daarmee bederf, dikwels agter ’n houtafskorting op die strand of in ’n huisie met ’n uitsig op die oseaan.

“Wees gewaarsku, ek het die tradisionele Thaise massering geneem en hulle werk jou – strek, knie en buig jou. Dit is soos ’n workout. Maar jy moet dit een keer uitprobeer. Dit word sonder olies gedoen. Maar jou volgende massering vra jy mét olie.”

Luca en haar kleurvolle naels. FOTO Verskaf

Luca en haar kleurvolle naels.
FOTO Verskaf

Om met ’n sewejarige te reis hét sy uitdagings.

“Ons moes lank sukkel om haar te leer om nie op elke foto ’n gesig te trek nie. Sy vind dit vervelig om met ’n gewone gesig te poseer. Sy het ook op een strand ’n waterbottel met sand vol lewende organismes en skulpies gevul en in haar pa se tas gebêre. Ek het dit op dag nege ontdek. Die stankende knal. Ek moes die klere in die tas rondom dit weggooi en dis ’n reuk wat my nou nog jaag …”

Sies, dit stink! FOTO Verskaf

Sies, dit stink!
FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Dit was vir Luca lekker om te “shop” in Bangkok. Hulle het ook die Patpong-nagmark besoek en moes haar behoorlik wegskeur by elke stalletjie.

“Langs die mark is die go-go bars, waar Luca wou weet hoekom die meisies dan soos Krismis-elfies aangetrek is.’’

Mamma en Luca voor die James Bond-eilande. FOTO Verskaf

Mamma en Luca voor die James Bond-eilande.
FOTO Verskaf

Daar was nie tyd vir tempels besoek nie. Margit is op die laaste dag in Bangkok platgetrek met die Thailand-maaggogga. En hulle het weggebly van die dieresirkusse.

“Ons hou nie van wilde diere in aanhouding en hoe hulle daar behandel word nie.”

Sal hulle teruggaan? Ja, ja en nogmaals ja. “Dit is mooi, veilig, goedkoop, die mense is vriendelik, jy rus lekker, die kos is geurig en dis ideale gesinspret,” vertel sy.

Intussen is dit ’n nuwe jaar waarin Margit hard werk tot die volgende vakansie. Die KKNK roep haar immers.

Lees nou

Gooi weg jou dun belt: Hierdie trend is gróót!

Ja, Wagter oordeel jou!

Lyk skraal in ’n T-hemp

The post KKNK roep Margit, en kyk haar vakansie! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294