Maya die by, ‘n geliefde animasie-karakter uit die 80’s, sal een van die dae op die silwerdoek gesien kan word – en dit nogal in Afrikaans, berig kykNET.
Die Maya-fliek sal 2D- of 3D-animasie wees en word in drie tale, Afrikaans, Engels en Zoeloe, uitgereik.
’n Paar bekende Afrikaanse akteurs wat hul stemme verleen, is Christine Voorendyk, Leandie du Randt, Franci Swanepoel, Karen Wessels, Magda van Biljon (van Wielie Walie-faam), Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen.
In die fliek word die rebelse Maya daarvan verdink dat sy die perdebye gehelp het om die koninginby se grootste skat te steel. Om haar onskuld te bewys, moet sy en haar beste vriend, Willie, die skelms vind …
Die uitreikingsdatum is nog nie bekend nie, maar kyk solank die lokprent.
Lees ook
- Sorina ‘die Flooze’ Erasmus: ‘Balans is die sleutel tot die lewe’
- 5 goed wat jy móét weet oor die nuwe Google-logo
- Die Pro se Reine Swart gesels oor surf en toneelspeel
The post LOKPRENT: Maya die by word nou ’n filmster appeared first on SARIE.