Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is reeds die ma van twee pragtige kinders, maar volgens Good Housekeeping UK soek sy nog twee spruite voor haar 40ste verjaardag.
Kate, wat 33 jaar oud is, het sewe jaar om dié begeerte te vervul. Sy sê glo verder dat sy voor sy 35 is aan haar volgende baba die lewe wil skenk.
Ons het reeds berig dat koningin Elizabeth nou die langste heerser oor Brittanje is, maar pleks daarvan dat sy groot feesvieringe gaan hou, gaan sy onder meer vir Kate vereer.
Hello! berig dat Kate vandag die Royal Family Order of Queen Elizabeth II sal ontvang – die hoogste eer waarmee ’n vroulike lid van die koninklike familie bekroon kan word.
Bronne: Hello! en Good Housekeeping UK
Lees ook
- Kate Middleton is nou ’n gevorderde diepseeduiker
- Dís hoekom Kate Middleton nie meer wighakke dra nie
- Reël ’n koninklike kinderpartytjie: Kate Middleton se ma gee wenke
The post Kate Middleton soek 4 kinders voor haar 40ste verjaardag appeared first on SARIE.