Dis nie aldag dat ’n motorongeluk ’n lewe red nie, maar dis bes moontlik wat op die Duitse snelweg gebeur het toe ’n op-en-wakker bestuurder ’n bewustelose man agter die stuur gewaar.
Manfred Kick was in sy Tesla Model S-motor op die autobahn op pad na München toe hy ’n Volkswagen Passat voor hom sien wat kort-kort in die veiligheidsreling vasry.
Sonder om aan sy eie veiligheid of die toestand van sy kar te dink, het Manfred voor die Passat ingeswaai, die slingerende kar toegelaat om agter in hom vas te ry en toe stadig tot stilstand gekom sodat die man nie seerkry nie. Hy het by die bewustelose man, wat ’n beroerte gehad het, gewaak tot die nooddienste opgedaag het, berig Tech Times.
Die Tesla Model S, soortgelyk as die een waarin Manfred was.
Dit was nie lank voor Elon Musk, Suid-Afrikaans gebore grootbaas van Tesla, die nuus oor die heldedaad verneem het nie. As blyk van waardering vir Manfred se onbaatsugtige optrede het hy terstond belowe om self vir al die herstelwerk aan die Tesla te betaal.
Hy het selfs sy belofte getwiet:
Congrats to the Tesla owner who sacrificed damage to his own car to bring a car with an unconscious driver safely to a stop!
— Elon Musk (@elonmusk) February 15, 2017
In appreciation, Tesla is providing all repair costs free of charge and expedited. https://t.co/D68HNJcCoQ
— Elon Musk (@elonmusk) February 15, 2017
The post Elon Musk vergoed Tesla-held appeared first on SARIE.