Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê …

$
0
0

Dis hoogtyd dat prins Harry geluk vind. En die goeie nuus is dinge lyk ernstig tussen die rooikopprins en Amerikaanse televisie-aktrise Meghan Markle. 

As ons die poniekoerant Daily Star kan glo, het Meghan vir die vervaardigers van Suits gevra om haar karakter, Rachel, uit te skryf. Die gewilde reeks, wat in die regswêreld afspeel, is al ses jaar op die kassie. Maar skindertonge sê Meghan wil Londen toe verhuis om naby prins Harry te wees.

Gaan prins Harry haar vra om te trou? Wel, net as ouma ja sê. Ja, koningin Elizabeth II moet toestemming gee voordat aanspraakmakers op die Britse troon mag trou. Hoewel prins Harry slegs vyfde in die ry is, geld dit ook vir hom ingevolge die Royal Marriages Act 1772.

In die 18de eeu het koning George III ’n wet uitgevaardig dat die monarg voorgenome huwelike van lede van die Britse koninklike familie eers moet goedkeur.

Hierdie einste wet het verhoed dat koningin Elizabeth se ontslape suster, prinses Margaret, destyds met haar kapt. Peter Townsend kon trou. Townsend was geskei, iets waarop die koningshuis en Kerk neergesien het.

Selfs prins William moes destyds vir sy ouma vra of hy met sy geliefde Kate Middleton mag trou. Koningin Elizabeth het ná wat met prinses Margaret gebeur het, nooit nee gesê nie.

In 2015 is dié wet versag sodat dit slegs geld vir die eerste ses koninklikes wat koningin Elizabeth kan opvolg: prins Charles, prins William, prins George, prinses Charlotte, prins Harry en prins Andrew.

Ons glo ouma sal ja sê, prins Harry!

Lees nou

One Direction se Liam Payne wórd pa

FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy

Vrou se eksotiese vakansie verander in ’n nagmerrie

 

The post Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê … appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


Die kuns van koeksisters bak


7 vlekke wat ’n student moet kan verwyder


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Vrou vas wat glo baba ontvoer


Hygliteratuur: Buurtwag II


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek