Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kyk vanaand: Wilmien, Dezi en Karien kuier in die Laan!

$
0
0

Nostalgie op sy beste! 7de Laan is vir baie al byna deel van die Afrikaanse kultuur soos melktert en beskuit. Selfs al kyk jy nie meer die sepie nie, lui name soos Madel, Leon, Bart, Connie en Sandra steeds ’n klokkie. 

Vanaand om 18:00 saai SABC 2 dié sepie se 4 000ste episode uit. Dis ’n spesiale reünie-episode en vir een aand is die geliefde karakters Wilmien (Nina Swart), Dezi (Elma Postma) en Karien (Christi Panagio) terug! Ja, die karakters kom spesiaal Vanessa en Xander Meintjies se troue bywoon. Met ’n Great Gatsby-tema gaan dit beslis ’n stylvolle troue en episode wees.

FOTO 7de Laan

FOTO Verskaf

Kyk die voorskou

Raak nostalgies met van ons gunsteling-karakters

4 April 2000. Dit was ’n Dinsdagaand en om 18:30 het Suid-Afrikaners voor die TV ingeskuif vir ’n splinternuwe sepie, 7de Laan. Kykers het in die volgende halfuur kennis gemaak met ’n groep mense wat vir ’n hele paar jaar deel van ons wêreld sou word. Karakters het gekom en gegaan, maar sal nooit vergeet word nie.

Van die oorspronklike rolverdeling van dié eerste 7de Laan-uitsending is nog net Vinette Ebrahim (Charmaine), Ingrid Paulus (Vanessa) en Annelisa Weiland (Hilda) vandag nog deel van die reeks.

Die oorspronklike titel was Die Koffiekan, wat ook Oppiekoffie se naam sou was. Dié titel het dit nie gemaak nie, en die besluit om die reeks Hoe meer dae te noem het ook nie die paal gehaal nie. Vandag kan jy byna nie dink dat die naam nié 7de Laan kan wees nie. Dit is immers waar Danie Odendaal, vervaardiger, sy inspirasie gekry het. Hy het, soos ons nou al weet, die reeks ontwikkel en geskryf in ’n koffiewinkel in Melville, Johannesburg.  

Die eerste karakter met wie ons destyds in die eerste toneel van die eerste episode in 2000 kennis gemaak het, was Charmaine. Sy het die deur van Oppiekoffie oopgesluit. 

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester) FOTO: 7de Laan

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester)
FOTO: 7de Laan

Connie van der Lecq (Quinne Brown) FOTO: 7de Laan

Connie van der Lecq (Quinne Brown)
FOTO: 7de Laan

Madel Therblanche (Wilna Snyman) FOTO: Verskaf

Madel Terblanche (Wilna Snyman)
FOTO: Verskaf

“Ek het die deure oopgemaak van Oppiekoffie in daai eerste toneel en nooit gedink 7de Laan sal so groot word nie,” het Vinette al aan Fanie Cronjé gesê. “Ons het eers net ’n kontrak vir ses maande gekry, toe nege maande en toe drie jaar. Toe weet ons ons is reg en die mense was mal daaroor. Dis sestien jaar later en hier is ons nog steeds. En wie weet? Dalk maak ek nog Oppiekoffie se deur ook toe.”

Aanvanklik is die sepie net een keer per week op ’n Dinsdagaand uitgesaai. Toe word dit Dinsdag- en Donderdagaand. En ’n kort rukkie later sommer elke dag van die week, van Maandag tot Vrydag.

Met 7de Laan se 10de verjaardag in 2010 het SARIE die mylpaal saam gevier en eksklusief die voorbladfoto en storie gedoen vir die Mei-uitgawe. Binne was ’n foto-essay oor 14 bladsye met foto’s van 19 van die sterre.

Kyk na die foto’s hier

SARIE MEI 2010

 Blaai deur ons galery:

FOTO Johan Wilke

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

Lees nou

Wat sê jou gunsteling-kleur oor jou?

Kristen Stewart skeer al haar hare af!

Só weet jy koningin Elizabeth is verveeld

The post Kyk vanaand: Wilmien, Dezi en Karien kuier in die Laan! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294