Die Amerikaanse sangeres Ciara, wat byna 9 maande swanger is, was Vrydag in ’n motorongeluk in Los Angeles gewees.
Volgens Daily Mail was Ciara besig om links te draai toe ’n sportnutsvoertuig teen haar vasgery het. Die bestuurder het onwettig in ’n baan, wat slegs vir busse bedoel is, bestuur. Gelukkig was net die passasierskant getref.
Ciara se man, Russell Wilson, het bevestig dat sy en hul eersteling veilig is. “Mamma Wilson en baba Wilson is veilig. God is goed,” het Russell getwiet.
Momma Wilson & Baby Wilson are feeling great! God is good!
— Russell Wilson (@DangeRussWilson) March 10, 2017
Ciara het later die aand ook getwiet.
Thankful For Gods Grace, and Amniotic Fluid — Ciara (@ciara) March 11, 2017
Die paartjie is in 2016 getroud. Ciara het reeds ’n 2-jarige seuntjie uit ’n vorige verhouding met die kletsrymer Future.
Lees nou
Bloem-skoolmeisies op Paryse loopplank
Pak kos in vir werk en spaar hope!
Roem het hierdie sanger se lewe opgedons
The post Swanger Ciara in motorongeluk appeared first on SARIE.