Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Zelda la Grange oor dáái twiet

$
0
0

Ons gesels met oudpres. Nelson Mandela se persoonlike assistent Zelda la Grange in die Maart 2017-uitgawe van SARIE. Hier volg ’n kort uittreksel.

Twee jaar gelede het sy ’n groot debat op Twitter ontlok toe sy getwiet het:

“Whites’ tax money is good enough for Nkandla but then you constantly have to be brutalized”.

“Ek het verskoning gevra vir hoe ek dit gesê het, maar nie vir wat ek gesê het nie. Ek is nie skaam om te sê wat ek voel nie, maar ek het daardie dag onskuldige mense betrek – nee, wit belasting is beslis nie belangriker as swart belasting nie.”

“Dit was ’n traumatiese dag, maar ek sal dit nie wil verander nie, want dit was nodig. Die slegte ervarings leer jou die beste lesse.”

Daarom het sy groot respek vir mense soos adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer. “Sy het nog nooit haar stem verhef, haar humeur verloor of moed verloor nie. Ek wens ek kon met soveel gematigheid probleme hanteer. Sy kla nooit nie en is nie bitter nie. Haar raad aan my was om dagboek te hou van dít waarvoor ek dankbaar is sodat die negatiewe dinge my nie so maklik kan onderkry nie.”

Zelda se ma, Yvonne, is ook vir haar ’n rolmodel. “Hoe ouer ek word, hoe meer respek het ek vir haar. Die opdraande wat ek haar as kind gegee het, en hoe mooi sy dit eintlik hanteer het as ek nou terugkyk … Sy sal nie ’n vlieg skade aandoen nie. Sy sal nooit vloek nie, sy skinder nie, sy hanteer almal met respek.”

Wat die media ook al van “Madiba se waghond” dink, Zelda het beslis ’n sagte kant, en dié het sy by haar ma geërf.

Liefdadigheidswerk

Sy is steeds baie by liefdadigheidswerk betrokke, vernaamlik Bikers for Mandela Day, waar ’n groot groep motorfietsryers saam reis en liefdadigheidsprojekte op pad doen.

“Dis ’n groot werk en neem byna drie maande van my tyd in beslag om alles te reël, teen geen betaling nie. Maar dis hoe ek nog eer aan Madiba betoon.”

With two favorite favorite people before departure on #B4MD2016

A post shared by Zelda la Grange SA (@zeldalagrangesa) on

Dan is daar ook Operation Healing Hands, wat gratis operasies vir behoeftige pasiënte op die staatswaglys doen, en sy beplan ook om by projekte vir vroeë kinderontwikkeling betrokke te raak.

Maar dis vir eers nog ’n toekomsplan. “Vanjaar wil ek rustigheid kry. Ek wil iewers bly waar ek ses honde kan hê en ek wil tyd hê om die stapel boeke wat ek verlede jaar gekoop het te lees. Ek wil tyd maak vir myself en ’n bietjie meer selfsugtig wees. As jy vir almal ja sê wat iets van jou vra, gaan jy nooit kan byhou nie. Dis eintlik onverantwoordelik, want uiteindelik doen jy alles dan net half.”

Tog is sy waarskynlik eenvoudig nie die soort mens wat ooit agteroor sal sit nie.

“Daar is baie oomblikke wat deur die jare met Madiba uitstaan. Maar meestal mis ek sy teenwoordigheid, sy rustigheid, en dat iemand staatgemaak het op my. Ek funksioneer op my beste as iemand iets van my verwag.”

Kom luister na Zelda la Grange by SARIE se fees op 16 Maart om 10:00 by die Atterbury-teater, Lynwoord Bridge-winkelsentrum in Pretoria. Kry jou kaartjie by Computicket, klik HIER.

SARIEfees A1 poster_ZeldaJohrne

Lees nou

Zelda la Grange: Verandering begin by jouself

Zelda la Grange: Ek vra om verskoning vir kwaai Zelda

The post Zelda la Grange oor dáái twiet appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Wat staan 'n vrou te doen?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


7 voordele van boegoe


Hygliteratuur: Buurtwag II


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur