Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Karlien se een les vir haar tweeling

$
0
0

Daar is een belangrike les wat Karlien van Jaarsveld vir haar driejarige tweeling, Daniël en Eliah, wil leer. En dit is dat hulle uniek is. Om die waarheid te sê wil dié Afrikaanse sangeres hê elke kind moet dit weet.

“Maak nie saak wat jy deur jou lewe hoor wat negatief is nie. Jy is so nodig vir hierdie wêreld want jy bied iets wat niemand anders kan nie. En die hartseer ding is dat bitter min kinders dit glo. Ek wil hê elke kind moet dit weet en glo!” het Karlien aan SARIE.com vertel.

My grootste geskenk.

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Op 25 en 26 Maart tree Karlien op by Nickelodeon se NickFest, ’n gesinsfees wat by die TicketPro Dome in Johannesburg gehou word. Geliefde strokieskarakters soos Dora the Explorer, die Teenage Mutant Ninja Turtles en Chase en Marshall van die kinderprogram Paw Patrol gaan ook daar wees.

Karlien se deelname aan die fees is te danke aan haar kinders. “My kinders is gek oor Paw Patrol en hulle gaan ook by die fees wees. So ek doen dit vir hulle. En ek is self mal oor animasie!”

In Desember het die tweeling vir hul derde verjaarsdagpartytjie 'n Paw Patrol-tema. FOTO Facebook / Karlien van Jaarsveld

In Desember het die tweeling vir hul derde verjaardag ‘n Paw Patrol-partytjie gehad.
FOTO Facebook / Karlien van Jaarsveld

FOTO Facebook / Karlien van Jaarsveld

FOTO Facebook / Karlien van Jaarsveld

As ’n suksesvolle sangeres en enkelma is tyd saam met haar kinders uiters belangrik. “Alles wat ek in my lewe doen, probeer ek rondom my tyd met my kinders reël. Enige ding wat ek saam met hulle kan doen en beleef, sal ek graag wil bywoon! Tyd saam met my familie is alles.”

Sedert die tweeling in haar lewe is, het alles verander. Ten spyte van hoe die wêreld haar sien en opsom, bly sy heel eerste ’n ma vir Eliah en Daniël, sê sy.

“Ma-wees verander alles. Alles lyk meer gevaarlik. Jy kyk uit vir almal op die paaie. Jy voel vir elke liewe kind wat swaarkry of seer het, want jy dink heeltyd aan jou eie. Jy dink permanent oor jou woorde en ook ander s’n.”

 

Special memories. #bikers4mandeladay

 

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

NickFest vind plaas op 25 en 26 Maart by die Ticketpro Dome in Johannesburg. Kaartjies kan hier gekoop word.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Bobby kies Bok se vrou

FOTO’S: Nuwe Mary Poppins in aksie

VIDEO: Kinders onderbreek pa se regstreekse onderhoud

The post Karlien se een les vir haar tweeling appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Groblerspruit: Episode 1


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Die beste tyd van my lewe


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


T Minus …. 6


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee