Die beeldskone TV-persoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp het nie net ’n mooi hart nie, sy het ’n pragtige gesin ook! In Januarie het Elana en haar man, Ian, se gesin met nog ’n dogtertjie gegroei.
Klein Annabelle en ousus, Esther Beth, is hul ouers se vreugde. Elana het onlangs op sosiale media foto’s van haar pragtige gesin gedeel.
Working with my girls. #WatchThisSpace #throwingForward @womanandhome_sa
A post shared by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on
In Februarie het Elana met SARIE.com oor Annabelle se koms gesels.
“Annabelle is die mooiste baba wat jy al ooit gesien het.”
Sy is op 27 Januarie 2017 in Kaapstad gebore op 35 weke, ’n volle vier weke te vroeg.
“Ek was die Vrydag op pad om my naels te gaan doen. Ek kom toe agter die Braxton Hicks-sametrekkings wat in die laaste trimester van ʼn swangerskap gevoel word, word te prominent en te na aan mekaar,” het Elana aan SARIE.com vertel.
Sy het haar dokter gebel om te sê die kontraksies voel nie reg nie, dit voel anders as gewoonlik. By haar naels het Elana toe nie daardie dag uitgekom nie, sy is dadelik hospitaal toe. “Ek het eers by die hospitaal gaan koffie drink en vir my dokter gewag. Sy het skaars haar handskoene aangetrek en my ondersoek, toe sê sy: ‘Elana, jy is 2 cm ontsluit.’ Ek het dadelik vir Ian gebel waar hy in die gim was om die nuus met hom te deel.”
Hy het hom na die hospitaal toe gehaas. Hulle moes met hul 23 maande oue dogtertjie, Esther Beth, se skool reël om na Essie om te sien terwyl haar babasussie gebore word. Ook sy is in haar noppies oor die nuweling in die gesin.
Klik hier om die oulike fotosessie van ma, pa en klein Esther Beth te sien.
Lees nou
Hollywood-akteur Dan Stevens se SA vrou
Brak se nederlaag verwarm harte
Verklap Beyoncé se oorbelle iets?
The post FOTO: Elana se baba Annabelle appeared first on SARIE.