Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Frans Cronjé oor Hansie, nuwe fliek

$
0
0

Rolprentmaker Frans Cronjé het pas sy vyfde rolprent voltooi – een waarin hy self ’n rol vertolk. Maar vir baie bly hy die bekendste as die gevalle Proteakrieketkaptein Hansie Cronjé se broer The Roar word in September vanjaar uitgereik.

Jy is ’n gekwalifiseerde fisioterapeut. Hoe het dit gebeur dat jy ’n rolprentregisseur, akteur en draaiboekskrywer geword het?

In 1996 het ek my hart aan die Here gegee. Ek wou Sy boodskap verkondig, maar nie preek nie. Toe reken ekgeestelike rolprente in Engels kan wêreldwyd mense bereik. So het ek die lekeprediker Angus Buchan genader en gevra of ek sy Faith like Potatoes kon verfilm. Dit het my sewe jaar lank besig gehou, want ek moes alles van fliek maak self aanleer – op die harde manier, deur baie foute. Dit was een van die eerste Suid-Afrikaanse Christelike rolprente en is in 2006 uitgereik. Almal het gelag en gesê dit sal nooit werk nie. Dis reeds in 17 tale vertaal, 4 miljoen DVD’s is verkoop en sowat 400 miljoen mense het al die fliek gesien. Sedertdien het ek nog vier geestelike rolprente gemaak: Hansie [2008], Baroudeur [2012], Born to Win [2014] en my nuutste, The Roar [2016].

Waaroor gaan The Roar?

Oor een van my grootste passies: om mense te help om hul lewensdoel te vind. Jy kan nie net werk om jou rekeninge aan die einde van die maand te betaal nie. In motiveringspraatjies vertel ek mense hoe belangrik dit is om te luister na wat  jou laat tiek. Die hoofkarakter, Louise, wil ’n Broadwayaktrise word. Sy word deur Almarie du Preez, die beeldskone Christelike sangeres van Pretoria, vertolk. Haar pa, wat ek vertolk, wil hê sy moet met haar verloofde [die sanger Heinz Winckler] trou. Dan begin die sports.

Nou, meer as 15 jaar ná die Hansie-skandaal … wat gaan deur jou kop?

Tyd bring genesing. Maar ons mis hom, veral Kerstyd. Baie mense het Hansie vergewe. Ons kry so baie boodskappe van sy aanhangers op Facebook met sy verjaardag op 25 September [1969] en die dag dat hy verongeluk het, 1 Junie 2002. [Die King-kommissie het Hansie in 2002 lewenslank uit professionele krieket geskors weens sy kontak met beroepswedders in Indië.] Die hele tragedie het my ouers, Ewie en San-Marie, wat in Bloemfontein woon, hard getref, maar hulle is nou in ’n goeie ruimte. So ook my suster, Hester, wat getroud is en in Potchefstroom woon. Hansie se weduwee, Bertha, is intussen baie gelukkig getroud met ’n ouditeur van George, Jacques du Plessis. Ek verwys na hom as my swaer. Ons het baie kontak.

Wat het jy uit die Hansie-debakel geleer?

Ons moet almal leer om meer vergewensgesind te wees. Wie maak nie foute nie?

We had a test screening today of The Roar movie with 26 people in the world class immersive sound mixing theater at Post City. Blown away by the positive response. After 14 months of very little sleep, lots of tears, hard work and sweat; it’s great to know our movie works really well. I fly to Orlando for NRB on Friday where we’ll meet with distributors. Looking forward to seeing Andre and Jenny Roebert from Faith Broadcasting network, Torry Martin and Shaullanda Lacombe. And many more amazing industry friends!!! Thank you to Johan van der Colff, Edward King, Johan Kruger, Charlotte Huisamen, Tristan Storm, Gideon Murray, Domingo, Cobus and Ruan Smit at Post City for going the extra mile!!! Also Morne Theunissen, David Ferreira and Donnovan Bush for your massive role during post production. Not mentioning cast and production crew here, but thanks to everyone. @faith_films @frans_cronje_films @postcitystudios #southafrica #capetown #postproduction #audio #sound #movies #film #ranger #inspiration #faith #purpose #savingtherhino #rhino #savingprivaterhino

A post shared by Frans Cronje (@frans_cronje_films) on

Die volledige onderhoud het in SARIE se Maart 2017-uitgawe verskyn. Nou te koop.

Minki van der westhuizen maart 2017

Lees nou

John Legend oor Chrissy: “Ek moes haar ondersteun …”

Marion Cotillard se tweede baba hier

FOTO: Elana se baba Annabelle

The post Frans Cronjé oor Hansie, nuwe fliek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Die oplossing vir yl hare is hier


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Man vas vir moord op Moot-egpaar


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek