Die model en TV-aanbieder Chrissy Teigen het onlangs erken dat sy met nageboortedepressie en -angstigheid gediagnoseer is. Sy het in ’n artikel vir die tydskrif Glamour die eerste keer daaroor gepraat.
Chrissy en haar sanger-man, John Legend, het verlede April hul eersteling, Luna Simone, in die wêreld verwelkom.
Maar Chrissy moes maande lank teen die trane baklei en het op ’n rusbank in die sitkamer geslaap. Sy’t nie verstaan wat met haar aangaan nie. Haar lyf was seer, sy was gedurig hartseer en kon soggens skaars opstaan. Om haar te ondersteun het John saam met haar op die bank gaan slaap.
“Ek’t besluit om uit te praat omdat ek wil hê mense moet besef dit kan met enigiemand gebeur. Soos alle ander lyers aan die toestand het ek goeie en slegte dae. Maar deesdae het ek meer goeie dae as slegte dae,” het Chrissy gesê. Vir die volledige storie klik hier.
Nou het John die eerste keer gepraat.
“Dit was my werk, as haar man, om haar so goed moontlik te ondersteun en te probeer verstaan waardeur sy gaan. Dis die minste wat ek kon doen,” het John aan People gesê.
A post shared by John Legend (@johnlegend) on
“As ’n man moet jy oplees oor nageboortedepressie. Jy moet dáár wees en deernisvol wees. Ons almal leer nog en probeer sin maak daarvan.”
Vir die volledige onderhoud klik hier.
Lees nou
Kampioen-branderplankryer se raad aan jonges
The post John Legend oor Chrissy: “Ek moes haar ondersteun …” appeared first on SARIE.