Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO: Sienna Miller is nou ’n rooikop

$
0
0

Die aktrise Sienna Miller het haar blonde hare rooi gekleur, berig Entertainment Tonight.

Sy het haar nuwe haarkleur by die bekendstelling van haar suster, Savannah Miller, se nuwe modereeks, Nine, vir die eerste keer gewys.

Sienna is op die voorblad van die Britse Vogue se Oktober-uitgawe en daarop het sy steeds blonde hare. In die onderhoud met Vogue vertel sy dit is vir haar wonderlik om ’n ma te wees, alhoewel haar lewe baie meer chaoties is en sy gedurig moeg is. Sy bieg ook dat sy wens sy kon haar tyd beter bestuur om ’n super-ma te wees.

sienna miller

Die American Sniper-aktrise se loopbaan het vanjaar geblom. Sy is tans besig met vyf flieks wat oor die volgende twee jaar in teaters sal verskyn.

Bronne: Entertainment Tonight en Vogue

Lees ook

 

The post FOTO: Sienna Miller is nou ’n rooikop appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Latest Images