Verlede week was dit die kinders van kroonprinses Victoria en prins Daniel van Swede wat ons harte gesteel het: prinses Estelle en prins Oscar. Nou gaan hul aantreklike oom weer ’n keer pa word.
Prins Carl Philip en sy vrou, prinses Sofia, het gister die goeie nuus gedeel, berig Today. Die pragtige paartjie, wat in 2015 getroud is, het reeds ’n skattige 11 maande oue seuntjie, prins Alexander.
In 2015 is prins Carl in ’n peiling deur Crown Clinic aangewys as die tweede aantreklikste koninklike in die wêreld. Die eerste plek het natuurlik aan ons gunsteling-rooikopprins, Harry, gegaan.
As jy vinnig kyk, lyk prins Carl baie soos die Ierse akteur Jamie Dornan. Vergelyk ’n bietjie die twee foto’s hieronder:
Lees nou
Jou 50 gewigsverlies-vrae (deel 1)
5 stories waaroor die wêreld praat
The post Nóg ’n koninklike baba appeared first on SARIE.